- Hierdie kennisgewings is op 17 Februarie 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds MC (Marius) Barnard van Hofmeyr na Kroonstad-Oos; prop Carli Blignaut na Witbank-Suid; dr SW (Siegfried) Louw van Brackenfell-Proteahoogte as PSD: Predikantebegeleiding, Wes-Kaapland; ds HL (Hennie) van Schalkwyk (emeritus) na Môregloed.
AANVAAR
Ds PJ (Piet) Fourie van Sasolburg-Tuinedal na Sanddrift; prop PI (Pieter) Nel na Bredasdorp.
WES-KAAPLAND
EMERITAAT
Ds Willem Immelman van die NG Gemeente Ashton emeriteer op 28 Februarie 2023. Sy afskeidsdiens vind op Sondag 26 Februarie plaas. (JJ du Preez, Skriba: Ring van Swellendam, 13.02.2023).
BENOEMING
Die NG Kerk Wes-Kaapland maak bekend dat by ’n benoemingsvergadering gehou op Maandag 6 Februarie 2023, dr Siegfried Louw van die NG Gemeente Brackenfell-Proteahoogte benoem is as PSD: Predikantebegeleiding, NG Wes-Kaapland. (Marinus Theron, Skriba, 13.02.2023).
AANVAAR
Prop Pieter Nel het die beroep na NG Kerk Bredasdorp aanvaar. (Elna Geldenhuys, Skriba, 16.02.2023).
OOS-KAAPLAND
EMERITAAT
Dr Chris van Wyk emeriteer op Sondag 19 Februarie 2023 na ’n bediening van 37 jaar in Somerstrand-gemeente. Vriende en belangstellendes word na die erediens genooi wat om 09:00 begin. (GrensPos, 17.02.2023).
KWAZULU-NATAL
EMERITAAT
Ds Stephan Weyers emeriteer einde Februarie by Greytown KwaZulu Natal. Sy afskeidspreek is op 26 Februarie 2023. (Stephan Weyers, Leraar, 17.02.2023).
SINODE VRYSTAAT
BEROEP
Ds Marius Barnard van NG Kerk Hofmeyr is beroep na NG Kerk Kroonstad-Oos. (Louisa Strydom, Skriba/Kassier, 16.02.2023).
NOORDELIKE SINODE
BEROEP
Ds HL (Hennie) van Schalkwyk (emeritus) is beroep na NG Kerk Môregloed vir ’n vastermynpos van drie jaar. (Ilse van Hemert, Skriba, 16.02.2023).
BEVESTIGING
Ds PJ (Piet) Fourie van NG Kerk Sasolburg-Tuinedal het die beroep na NG Kerk Sanddrift aanvaar en is op 5 Februarie 2023 in die gemeente bevestig. (Tienkie du Plessis, Skriba, 01.02.2023).
OOSTELIKE SINODE
BEROEP
Prop Carli Blignaut is beroep na die NG Gemeente Witbank-Suid vir die pos as medeleraar. (Dr Maans van Zijl, Leraar, 15.02.2023).
