Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 24 Februarie 2023

 BEROEP

Ds GJ (Kobus) de Leeuw van Humansdorp-Oos na Kuruman-Die Oog; ds Nico Lochner na Uitenhage-Oos.

AANVAAR

Ds NF (Francois) Jonker van Bospoort na Heidelberg; ds CA (Christo) van Staden (emeritus) na Beaufort-Wes as brugleraar.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Ds Christo van Staden van NG Kerk Oudtshoorn het die beroep as brugpredikant na NG Kerk Beaufort-Wes aanvaar. (Lynette Bergh, Skriba, 22.02.2023).

 OOS-KAAPLAND

BEROEP

Ds Nico Lochner is op 23 Februarie 2023 beroep na die NG Gemeente Uitenhage-Oos. (Connie de Beer, Skriba, 24.02.2023).

EMERITAAT

Dr NJG (Nico) van der Westhuizen van die NG Kerk Steytlerville emeriteer op 31 Maart 2023 en sal sy Akte van Emeritaat tydens die erediens op 2 April 2023 ontvang. (Zandra Hampson, Skriba, 22.02.2023).

GEMEENTEVERJAARSDAG

Kraggakamma-gemeente is 50 jaar oud en vir die viering en feesnaweek word daar ’n fliekaand gehou. Daar is met 17 mense (oudleraars en jong en oudlidmate) onderhoude gevoer, en op Vrydagaand 3 Maart kyk almal saam na die produksie “50 minute van 50 jaar se genade”. Saterdag 4 Maart sal daar ’n familietrollieresies wees, want toe die gemeente vyf jaar oud was, was daar ’n pa-en-seun-kaskarresies. Op Sondagoggend 5 Maart is daar ’n feesdiens en feesete. (Ds Toit Wessels, Leraar, 23.02.2023).

 NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Ds GJ (Kobus) de Leeuw van Humansdorp-Oos word beroep na Kuruman-Die Oog. (Dirkie van Heerden, Konsulent, 21.02.2023).

HOËVELD SINODE

Ds NF (Francois) Jonker het die beroep as medeleraar by NG Gemeente Heidelberg (Klipkerk) aanvaar. Ds Jonker begin amptelik op 1 Maart en word op 12 Maart as medeleraar bevestig. (Riana Hendriksz, Gemeentekoördineerder, 20.02.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top