- Hierdie kennisgewings is op 3 Maart 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds JP (Hannes) Theron (emeritus) na Constantia.
AANVAAR
Dr SW (Siegfried) Louw van Brackenfell-Proteahoogte as PSD: Predikantebegeleiding, Wes-Kaapland.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Die NG Gemeente Constantia het emeritusleraar JP (Hannes) Theron van Somerset-Wes beroep as leraar in ’n vastetermynpos. (Pieter J Coetzee, Skriba, 24.02.2023).
AANVAAR
Die NG Kerk Wes-Kaapland maak bekend dat dr Siegfried Louw van die NG Gemeente Brackenfell-Proteahoogte die benoeming as PSD: Predikantebegeleiding, NG Wes-Kaapland aanvaar het. (Marinus Theron, Skriba: Moderamen/Moderatuur, 01.03.2023).
VRYSTAAT
VASTETERMYNPOS
Dr Gerdrie van der Merwe wat sedert 1 Oktober 2022 ’n vastetermynleraarspos in die NG Gemeente Trompsburg beklee en op 16 Oktober 2022 bevestig is, se dienstermyn is deur die kerkraad verleng tot einde 2023. Hy woon in die pastorie en sit sy werk as kerkhistorikus voort met die skryf van die “In Memoriams” van die Jaarboek 2024. Hy kan gekontak word by 083 516 7600 en sy e-pos het verander na gerdrie@zipplink.co.za. (Ds Natasha du Plessis, Voorsitter: Ring van Fauresmith, 20.02.2023).
OOSTELIKE SINODE
BEVESTIGING
Prop Rikus Blom van NG Gemeente Garsfontein is op 7 Februarie 2023 beroep na NG Gemeente Meyerspark. Die beroep is deur prop Blom aanvaar en hy word op 5 Maart 2023 om 09:00 in Meyerspark bevestig. (Beryl de Coning, Administrasie, 27.02.2023).
