- Hierdie kennisgewings is op 10 Maart 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds JG (Org) van der Watt van Kerkenberg na Vrede-Wes.
AANVAAR
Ds MA (Anton) Ferreira van Krugersdorp-Oos na Gamtoosvallei-Oos, Patensie; prop JC (Janke) Hurter na Berg-en-Dal, Bloemfontein.
BEDANK
Dr Ronel Meylahn van Dresden, Duitsland (vroeër van Universiteitsoord) het die beroep na Pretoria-Faerie Glen bedank.
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Michael Antonie (Anton) Ferreira het die beroep van NG Kerk Krugersdorp-Oos na Gamtoosvallei-Oos, Patensie, aanvaar. (Ria de Beer, Skriba, 08.03.2023).
VRYSTAAT
BEROEP
Ds JG (Johannes George) van der Watt vanaf NG Kerkenberg, Harrismith is beroep na NG Vrede-Wes en die dienskontrak begin op 1 April 2023. (Elana du Plessis, Skriba, 06.03.2023).
NG Gemeente Berg-en-Dal, Bloemfontein, het tydens die kerkraadsvergadering op 5 Maart 2023, prop Janke Charlise Hurter beroep as jeugleraar vir ’n termyn van drie jaar. (Marthina van Zyl, Skriba, 09.03.2023).
OOSTELIKE SINODE
BEDANK
Dr Ronel Meylahn van Dresden, Duitsland (vroeër van Universiteitsoord) het die beroep na Pretoria-Faerie Glen bedank. (Suzette Lategan, Gemeentekoördineerder, 10.03.2023).
