- Hierdie kennisgewings is op 17 Maart 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop Robert Meintjies na Witbank-Suid; prop Mareli Niehaus na Laingsburg; prop Hendrik Johannes (HJ) Prinsloo na Koringberg; ds GF Prozesky (Freddie) van Malopo na Pietersburg-Noord; ds SJ (Stephan) Strydom van Dalunie (dolerend) na Sasolburg-Tuinedal (dolerend).
AANVAAR
Dr JA (Jan) Botha (emeritus) na Petronella; ds HN (Nico) Lochner voorheen van Amsterdam na Uitenhage-Oos; ds JP (Hannes) Theron (emeritus) na Constantia.
BEDANK
Prop Carli Blignaut na Witbank-Suid.
WES-KAAPLAND
BEROEP
NG Kerk Koringberg het op 9 Maart 2023 vir prop Hendrik Johannes (HJ) Prinsloo beroep as leraar. (Lize Steyn, Skriba, 13.03.2023).
Die NG Gemeente Laingsburg se kerkraad het op 6 Maart 2023 besluit om prop Mareli Niehaus te beroep in ’n vastetermyn deeltydse pos met die opdrag Gemeenskapsbediening. (Lecia Simon, Skriba, 16.03.2023).
AANVAAR
Die NG Gemeente Constantia is dankbaar om bekend te maak dat emeritusleraar JP (Hannes) Theron van Somerset-Wes die beroep as leraar in ’n vastetermynpos na die gemeente aanvaar het. Die bevestiging vind plaas op Sondag 2 April 2023. (Pieter J Coetzee, Skriba, 17.03.2023).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Hendrik Nicolaas (Nico) Lochner voorneen van Amsterdam het die beroep na die NG Gemeente Uitenhage-Oos aanvaar. (Connie de Beer, Skriba, 17.03.2023).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Thabo Pienaar, voorheen gemeentebestuurder van NG WItrivier is op 5 Maart 2023 bevestig in die NG Gemeente Hopetown deur ds Danie Kruger. (Mariska Rossouw, Gemeentebestuurder, 10.03.2023).
VRYSTAAT
AKTE VAN DEMISSIE
Op 12 Maart 2023 ontvang dr Jeremias de Klerk (Mias) van Jaarsveld die Akte van Demissie by aanvaarding van ’n ander werk met behoud van bedieningsbevoegdheid vanaf NG Kerk Heuwelsig, Bloemfontein. Dr Mias van Jaarsveld het die pos as junior redakteur van CLF aanvaar. Die rykste seëninge van die Here word hom in sy nuwe werk van harte toegebid. (Anmar Potgieter, Kantoorhoof, 13.03.2023).
BEROEP
Ds Stephan Strydom, tans van NG Kerk Dalunie (dolerend), is op ’n buitengewone kerkraadsvergadering op 15 Maart 2023 beroep na NG Sasolburg-Tuinedal (dolerend). (Annetjie Els, nms Die Kerkraad, 16.03.2023).
NOORDELIKE SINODE
BEROEP
Ds GF (Freddie) Prozesky vanaf NG Kerk Malopo, Buhrmannsdrif is beroep na NG Pietersburg-Noord op 26 Februarie 2023. (Hannes Bezuidenhout, Leraar, 11.03.2023).
AANVAAR
Dr Jan Botha (emeritus en voorheen van Mootvallei) is in ’n vastetermynpos van nege maande na NG Kerk Petronella, Pretoria beroep op 11 Februarie. Hy is ook as pastorale hulp deur die kerkraad van Florauna aangestel op 9 Februarie. Beide 30%-poste elk is aanvaar en sy intreepreek was op 12 Maart by Petronella. Hy bly ook steeds betrokke in sy Alfa Pastorale Opleiding, Berading- en Gemeenskapsentrum van die afgelope 38 jaar en as HUB van die Zama-Zama Hope 4 U Foundation. (Dr Jan Botha, Leraar, 13.03.2023).
OOSTELIKE SINODE
BEDANK
Prop Carli Blignaut het nie die beroep na NG Gemeente Witbank-Suid aanvaar nie. (Dr Maans van Zijl, Leraar, 15.03.2023).
BEROEP
Prop Robert Meintjies is beroep na die NG Gemeente Witbank-Suid as medeleraar. (Dr Maans van Zijl, Leraar, 15.03.2023).
