- Hierdie kennisgewings is op 24 Maart 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds SB (Stefan) Conradie van Arlington/Lindley na Bethlehem-Efrata; ds JD (Kobus) de Kock (emeritus) vroeër van Langebaan na Vryburg-Noord; dr MJ (Marnus) Havenga as PSD: Kerklike Opleiding, Wes-Kaapland.
AANVAAR
Ds JD (Kobus) de Kock (emeritus) vroeër van Langebaan na Vryburg-Noord; dr Jan Grobbelaar (emeritus) na Brandvlei.
BEDANK
Ds HJ (Hendrik) Conradie van Virginia-Wes na Bethlehem-Efrata.
VERLIES VAN PREDIKANTSBEVOEGDHEID
Na verslag van die Ring van Florida gee die Algemene Taakspan Predikantesake hiermee kennis dat dr HS (Herman) Breytenbach sy bevoegdheid as predikant verloor het aan die hand van Reglement 12.8.1.3. (Dr Dewyk Ungerer, Bestuurder van die Algemene Taakspan Predikantesake, 24.03.2023).
WES-KAAPLAND
EMERITAAT
Ds LG (Leon) Durie van die NG Gemeente Bellville-Riebeeck het sy Akte van Emeritaat ontvang tydens ’n erediens op 5 Maart 2023. (Johann Strauss, Voorsitter: Kerkraad, 23.03.2023).
BENOEMING
Dr MJ (Marnus) Havenga, postdoktorale genoot in Sistematiese Teologie by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, is by ’n benoemingsvergadering van die NG Kerk Wes-Kaapland gehou op 22 Maart 2023 benoem as PSD: Kerklike Opleiding, NG Wes-Kaapland. (Marinus Theron, Skriba: Moderamen, 22.03.2023).
NOORD-KAAPLAND
BEROEP
Hiermee bevestig ons dat ds JD (Kobus) de Kock, emeritusleraar van Langebaan, beroep is as brugleraar na die NG Gemeente Vryburg-Noord. (Chris van der Linde, Leraar, 23.03.2023).
AANVAAR
Dr Jan Grobbelaar (emeritus) is op 18 Februarie 2023 beroep na die NG Gemeente Brandvlei. Hy het die beroep aanvaar en word op 26 Maart in die gemeente bevestig in ’n vastetermynpos van twee jaar. (Muller Oosthuizen, Skriba – Ring van Carnarvon, 23.03.2023).
VRYSTAAT
BEDANK
Ds HJ (Hendrik) Conradie van NG Kerk Virginia-Wes is op 20 Februarie 2023 as leraar na die NG Kerk Bethlehem-Efrata beroep. Hy het egter nie die beroep aangeneem nie. (Dougy Bubb, Leraar: NG Kerk Bethlehem-Efrata, 21.03.2023).
BEROEP
Ds SB (Stefan) Conradie van die NG Kerk Arlington/Lindley is op 9 Maart 2023 as diensleraar na die NG Kerk Bethlehem-Efrata beroep. (Dougy Bubb, Leraar: NG Kerk Bethlehem-Efrata, 21.03.2023).
