Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Nuusvermyding was een van die gesprekspunte by vanjaar se Teologiese Dag by Universiteit Stellenbosch (13 Februarie). Ook vir kerknuus blyk hierdie verlangsaming of selfs versadiging te dreig. 'n Temavermoeidheid en soms selfs ’n weersin in nóg sinne oor meningsverskil binne die kerk. Hierbo is dr Lee-Shae Salma Scharnick-Udemans van UWK aan die woord.

Nuusvermyding het ook ’n verlammende effek in kerknuusomgewing


Alle ander tekorte eers ter syde: Daar’s volop slimfone in Suid-Afrika. Daar is meer simkaarte in Suid-Afrika as inwoners. En digitale toegang tot nuus is – ondanks ’n betaalmuur hier en daar – veel meer as volop. Dit is danksy sosiale media trouens moeilik om van te ontsnap.

G’n wonder veral strawwe sosialemediagebruikers probeer naderhand geheel ontkoppel nie …“Cold turkey” gaan. Hierdie verskynsel van nuusvermyding is nie net ’n tydelike systap nie, dit is ’n tendens wat die joernalis Ferial Haffajee uitsonder as een van twee goed wat sy en haar kollegas by Daily Maverick die meeste bekommer wanneer hulle oor die toekoms van die nuusbedryf dink. (Die ander is die impak van kunsmatige intelligense op nuusproduksie).

LEES OOK: Droogte | ‘Die Here weet wie jy is, waar jy boer en waardeur jy gaan’

“News avoidance is the biggest thing we’re watching in 2023, 2024 and probably going on … when people simply had had enough of bad news,” sê Ferial Haffajee, joernalis by Daily Maverick. Foto’s: Le Roux Schoeman

Haffajee was een van die hoofsprekers by vanjaar se Teologiese Dag by Universiteit Stellenbosch (US). Die tema was “Die rol van die media in eietydse Suid-Afrika: Etiese en teologiese perspektiewe”. Van haar medesprekers was dr Lee-Shae Salma Scharnick-Udemans, senior navorser aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), en prof Herman Wasserman, voorsitter van die Departement Joernalistiek aan die US.

Haffajee was een van die hoofsprekers by vanjaar se Teologiese Dag by Universiteit Stellenbosch (US). Die tema was “Die rol van die media in eietydse Suid-Afrika: Etiese en teologiese perspektiewe”. Van haar medesprekers was dr Lee-Shae Salma Scharnick-Udemans (reg), senior navorser aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), en prof Herman Wasserman (middel), voorsitter van die Departement Joernalistiek aan die US.

Soos gereelde lesers van Haffajee se skryfwerk sou verwag, was haar bydrae tot die onderwerp oorspronklik, gedetailleerd en uitdagend. Sy’t gepraat oor die verbete aanslae op die land se fiskus wat oor ’n tydperk van drie jaar via die Zondo-kommissie onthul is. Gepraat oor haar interaksies met die oud-Eskombaas André de Ruyter oor sy werk (en sy 4 vm-opstanery om voor werk te gym). En sy’t gepraat oor die skokkende stand van die pad na Mashishing (Lydenburg) in Mpumalanga (lyk soos iets diep uit die Kongo, merk sy op). Maar die ding wat sy uitlig is dié: “News avoidance is the biggest thing we’re watching in 2023, 2024 and probably going on … when people simply had had enough of bad news.”

Ook vir kerknuus blyk hierdie verlangsaming of selfs versadiging te dreig. Hierdie temavermoeidheid en soms selfs ’n weersin in nóg sinne oor meningsverskil binne die kerk. Ons sien dit in afplattings by ons webverkeer. Ons hoor dit soms as terugvoer. En – hoe dan anders – ons berig daaroor as nuus.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top