- Hierdie kennisgewings is op 31 Maart 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds Johan Botes van Gordonsbaai na Hermanus.
AANVAAR
Ds GF Prozesky van Malopo, Buhrmannsdrif na Pietersburg-Noord; ds Lizette Viviers na Richmond.
WES-KAAPLAND
BEROEP
NG Kerk Hermanus gee kennis dat ds Johan Botes van NG Gemeente Gordonsbaai beroep is op 30 Maart 2023 na NG Gemeente Hermanus (Elmarie Maree, Saakgelastigde, 31.03.2023)
AANVAAR
Ds Lizette Viviers (demissie) het die beroep aangeneem na NG Kerk Richmond. (Susan Kock, Skriba, 24.03.2023)
NOORDELIKE SINODE
AANVAAR
Ds GF Prozesky van NG Malopo, Buhrmannsdrif het die beroep na NG Pietersburg-Noord in Polokwane aanvaar. Ds Prozesky word op 07 Mei 2023 in die gemeente bevestig as voltydse leraar. (Hannes Bezuidenhout, Leraar, 27.03.2023)
Geborg
