Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Carel van der Merwe van NG Kerk De Duin, Port Elizabeth, skryf:
Ek kan bevestig dat die bevestiging van ds Jan Grobbelaar baie spesiaal is.
In Maart 2010 is ek deur my dogter, ds Lizette Louw, toe nog van George-Moedergemeente, bevestig as voltydse leraar in Universitas-Wes-gemeente in Bloemfontein. Sover ons kon vasstel, was dit ’n eerste in die NG Kerk se geskiedenis. Ek het haar bevestig in George en ook in Ottery, redelik kort na my bevestiging.
Sy is tans saam met haar man, ds Dewald Louw, werksaam in Skotland.
Inderdaad ’n voorreg. Ek word weer herinner deur hierdie berig (“Wonderlike voorreg” Dogter bevestig pa as dominee) in Kerkbode, aan die besondere voorreg wat ek ook gehad het om deur my dogter bevestig te kon word ongeveer 13 jaar gelede.
