Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Dis nou duidelik waar die NG Kerk Vrystaat staan, het ds Jan Lubbe (links), die moderator, gesê ná vandag se stemming.

NG Kerk Vrystaat: ‘Ons tree in gesprek met Algemene Sinode’ – Jan Lubbe

Leiers en lidmate in die Vrystaat het Dinsdag 18 April tydens ’n buitengewone sinodesitting in Bloemfontein met ’n meerderheid gestem om in verband met die Algemene Sinode (AS) te bly.

Afgevaardigdes het ook die Vrystaatse moderamen opdrag gegee om in Oktober vanjaar by die sitting van die Algemene Sinode verskille ten opsigte van die Skrifgebruik, huwelik en teologiese opleiding deur te gee, soos vervat in bylaag 19 van die agenda. 

Lees ook: NG Kerk Vrystaat: Ses opsies vir leiers en lidmate in Bloem wat vandag wil bepaal hoe los of vas dié streeksinode van die Algemene Sinode wil staan

Ander stem-opsies by die eendag-sitting, waaronder om ’n 11de sinode te stig, asook ’n opsie om dadelik “uit verband te tree” met die AS, kon nie meerderheidsteun kry nie.

Afgevaardigdes het teen 16:15 op 18 April nog besin oor die besluit.

Stemming het gevolg ná ’n oggend van omvattende gesprek in ringsverband asook bydraes vanaf die vloer in die ruim Geloofsentrum van Universitas.

Die gewilde besluit, wat 62% van stemme deur afgevaardigdes van die hele streeksinode, gekry het, heet “Opsie E” en bepaal dat: Die NG Kerk Vrystaat besluit om nie kragtens Artikel 37 van die Kerkorde uit algemene sinodale verband te tree nie, maar wel met die Algemene Sinode van Oktober 2023 in gesprek moet tree en haar standpunt ten opsigte van die Skrif en belydenisgrondslag en sake soos die huwelik, selfdegeslagverbintenisse, menslike seksualiteit, teologiese opleiding en ander sake moet stel. Lees die volledige besluit HIER

Ds Jan Lubbe (met donkerblou trui) en lede van die moderamen van NG Kerk Vrystaat op 18 April se buintengewone sitting. Foto’s: Le Roux Schoeman

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top