Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus: Jongste beroepe, bevestigings en skuiwe binne die NG Kerk

BEROEP

Ds Chris de Vries, amptenaar van Vennote in Getuienis van Sinode Vrystaat as gekoppelde tentmakerleraar na Heuwelsig; ds Leon Forsman van Greydene na Hayfields; ds John Matthews van Vier Ankers na Heuwelsig; ds Margeretha (Rethie) van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk na Driehoek.

AANVAAR

Prop Carel J van der Merwe na Worcester-Moedergemeente.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Carel J van der Merwe is op 5 April 2023 beroep as voltydse diensleraar na NG Moedergemeente Worcester. Na die afloop van die probasietydperk, waartydens geen besware teen sy beroeping uitgebring is nie, het die Ring van Worcester sy beroep goedgekeur en het prop Van der Merwe die beroep aanvaar. Hy sal op 23 April 2023 tydens die oggenderediens bevestig word as diensleraar by NG Moedergemeente Worcester. (Susan van der Merwe, Admin/Kommunikasiebeampte, 19.04.2023).

KWAZULU-NATAL

BEROEP

NG Gemeente Hayfields het tydens ’n spesiale kerkraadberoepingsvergadering op 16 April 2023 ds Leon Forsman beroep van NG Gemeente Greydene. (Lurinda McGregor, Skriba, 19.04.2023).

VRYSTAAT

BEROEP

Ds John Matthews van NG Gemeente Vier Ankers in Sasolburg, is beroep na NG Gemeente Heuwelsig, Bloemfontein.

Tydens dieselfde kerkraadsvergadering van NG Gemeente Heuwelsig, gehou op 20 April 2023, word ds Chris de Vries, amptenaar van Vennote in Getuienis van Sinode Vrystaat as gekoppelde tentmakerleraar beroep na NG Gemeente Heuwelsig, Bloemfontein. (Anmar Potgieter, Kantoorhoof, 21.04.2023).

BEVESTIGING

Ds MC (Marius Collin) Barnard van NG Gemeente Hofmeyer is op Sondag 16 April 2023 by NG Gemeente Kroonstad-Oos bevestig. (Louisa Strydom, Skriba/Kassier, 18.04.2023).

Prop Janke Charlise Hurter wat die beroep as jeugleraar na NG Gemeente Berg-en-Dal, Bloemfontein aanvaar het, se bevestiging en intreepreek vind plaas Sondag, 23 April te NG Gemeente Berg-en-Dal. Die gemeente nooi almal uit na die erediens om 09:30 en ’n geselligheid daarna in die kerksaal. (Marthina van Zyl, Skriba, 17.04.2023).

SINODE GOUDLAND

BEROEP

Ds Margeretha (Rethie) van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha is beroep na NG Gemeente Driehoek. (Christa Breedt, Admin/Skriba, 19.04.2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top