Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Tienergids wys God loop ’n lang pad met mense

God se verhaal – ’n Bybelreis vir tieners deur Susan Goosen

Uitgewer: CLF Uitgewers, 2022

Resensent: Konette van Rooyen

“Bevraagteken alles” – dit is ’n lewensleuse wat ek by baie tieners ervaar. Dit is ook goed so, want as die hoekom verstaan word, is daar aansienlik meer motivering vir die dat.

Hierdie Bybelstudiereeks begin met ’n goeie omskrywing van die vraag hoekom ons die Bybel (’n vreemde boek vir tieners) moet lees. Goosen beklemtoon reeds aan die begin die belangrikheid daarvan om die Bybel as ’n geheelstorie te verstaan, sodat ons nie ons geloof bou op verse nie, maar op God wat al ’n lang pad met die mensdom gestap het.

God se verhaal is in ’n maklik verstaanbare styl geskryf en gee ’n ordentlike blik op die hele Bybel, nie net die “toptreffers” nie. Elke dagstukkie bevat ’n Bybelteks, goeie pitkos, vrae vir nadenke en ’n gebed. Die Bybelteks is nie uitgeskryf nie en dit vestig ’n goeie gebruik om die tekste op te soek.

Ek sal hierdie Bybelstudiereeks met vreugde aanbeveel vir tieners en selfs grootmense wat nog nie die Bybelverhaal as ’n geheel gelees het nie. Die boek help nie net om jou kennis van die Bybel te verskerp nie, maar verdiep geloof en lei jou tot ’n beter verstaan ván en verhouding mét God.

  • Beskikbaar by Bybel-Media.
  • Ds Konette van Rooyen is predikant by NG Kerk Akkerdyk in Vredenburg.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top