Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 5 Mei 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 5 Mei 2023 opgedateer. 

BEROEP

Dr Retha Kruidenier van Mootvallei na Pretoria-Faerie Glen; ds SJ (Sollie) Pretorius van Bloemfontein na Kerkenberg.

KWAZULU-NATAL

RINGSITTING

Die Ring van Melmoth sal op Saterdag 13 Mei 2023 om 08:30 in sitting wees op Mtunzini. (Tertius Naudé, Ringskriba, 04/05/2023).

VRYSTAAT

BEROEP

Ds Solomon Jansen (Sollie) Pretorius van Bloemfontein is op 2 Mei 2023 beroep as brugleraar vir ses maande na die NG Gemeente Kerkenberg. (Ds GD Victor, konsulent, 5 Mei 2023).

NOORDELIKE

EMERITAAT

Ds Daniël de Vos van die NG Gemeente Sesmylspruit het na ’n bediening van 34 jaar in die gemeente op Sondag 16 April 2023 sy akte van demissie met emeritaat tydens ’n erediens ontvang. Hy het uit diens van die gemeente getree op Sondag 30 April 2023. (Ds Lourens van Deventer, Skriba: Ring van Sesmylspruit, 2 Mei 2023).

OOSTELIKE

BEROEP

Dr Retha Kruidenier van NG Mootvallei is beroep na Pretoria-Faerie Glen. (Suzette Lategan, Gemeentekoördineerder, 5 Mei 2023).

RINGSITTING

Die jaarlikse Ringsitting (43ste) van die Ring van Laeveld sal DV op 20 Junie 2022 gehou word, vanaf 09:00 tot 13:00 in die NG Kerk Laeveld, Modjadjiskloof. (Francois Schwalb, 28 April 2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top