Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Sinode van Wes-Kaapland: Marinus Theron neem oor by Nelis Janse van Rensburg

 Ds Marinus Theron is Maandagmiddag verkies as nuwe voorsitter (moderator) van die sinode van Wes-Kaapland op die eerste dag van die NG Kerk se grootste streeksinode se vierjaarlikse saamtrek. 

Theron (middel) word gelukgewens deur ds Charl Stander, uitgaande aktuarius, met ds Nelis Janse van Rensburg, uitgaande moderator, links. Foto: Le Roux Schoeman

Theron neem oor by ds Nelis Janse van Rensburg wat na twee termyne as voorsitter moet uittree. Theron is predikant by Stellenbosch-Wes en was dienende skriba van die sinode. 

Nog stemme: ‘Ek is geroep en ek hoort hier’

Besprekings by die sinode sal in sewe temas val, waaronder sosio-maatskaplike werklikheid en diversiteit. Tydens die verwelkoming op Dag Een was daar ’n “ritueel” wat “eenheid in verskeidenheid vier,” het ds Elmariè Dercksen aan Kerkbode verduidelik. Sy is verantwoordelik vir die spiritualiteit van die sinode. Elf afgevaardigdes is gevra om iets van hulleself te sê, wat hulle verteenwoordig. | Lees die agenda van die sinode 

Die sinode vind van 8-12 Mei by Goudini Spa in die Boland plaas.

Hou Kerkbode dop vir meer beriggewing. 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top