- Hierdie kennisgewings is op 12 Mei 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds Gerbrand (Gerrie) Bodenstein van Skuilkrans na Stellastraat; ds JM (Jannie) Fourie van Hartenbos na Kalahari.
AANVAAR
Ds GJ (Gert) Kok (emeritus) na Hopefield; ds Margeretha (Rethie) van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk na Driehoek.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds GJ (Gert) Kok is op 30 April 2023 bevestig as brugleraar in NG Gemeente Hopefield deur ds Martin Goosen van die Ring van Piketberg. Sy intreepreek het plaasgevind op 30 April 2023. (Willa Kapp, Skriba, 09.05.2023).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Ds Margeretha (Rethie) van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha het die beroep na NG Gemeente Driehoek aanvaar. Sy ontvang demissie op Sondag, 25 Junie 2023. (Deon van Staden, Skriba Ring van PE – Wes), 12.05.2023).
NOORD-KAAPLAND
BEROEP
Ds JM (Jannie) Fourie van NG Hartenbos is beroep in ’n vastetermynpos na die NG Gemeente Kalahari. (Ds JF van Heerden, Konsulent, 08.05.2023).
SINODE GOUDLAND
BEROEP
Ds Margeretha (Rethie) van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha het die beroep na NG Gemeente Driehoek aanvaar. (Christa Breedt, Admin/Skriba, 08.05.2023).
NOORDELIKE SINODE
BEROEP
Ds Gerrie Bodenstein van NG Gemeente Skuilkrans is beroep na die NG Gemeente Stellastraat in Pretoria. (Malan Nel, Kantoorkoördineerder, 10.05.2023).
