Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 26 Mei 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 26 Mei 2023 opgedateer.

BEROEP

Ds Heinrich Momberg na Midrand; dr Sebastiaan van Dyk van Kempton-Kruin na SA Gemeente VK.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Pieter Johannes Vollgraaff is op 28 Mei in NG Bellville-Noord as deeltydse leraar bevestig. Hy het ook tydens hierdie geleentheid sy intreepreek gelewer. Die Ring van Bellville verwelkom hom graag in die ring en wens hom alle seën en sterkte toe met sy bediening. (Ds Wouter Olivier, skriba Ring van Bellville, 26.05.2).

NOORD-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds SJ (Fanie) Schoeman van NG Gemeente Augrabies emiriteer op Sondag 28 Mei 2023. (Rion Britz, Skriba: Ring van Kenhardt, 22.05.2023).

HOËVELD SINODE

SA Gemeente in die VK het op 13 Mei 2023 vir dr Sebastiaan van Dyk van NG Gemeente Kempton-Kruin beroep as leraar na die gemeente. (Dr Rian Steyn, 24.05.2023).

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Prop Johan Bezuidenhout is op Saterdag, 13 Mei 2023, as leraar bevestig in die NG Gemeente Wakkerstroom en het sy intreepreek op Sondag, 14 Mei 2023, gelewer. Dr Hancke van Blerk, voorsitter van die Ringsdiensraad, het die bevestiging waargeneem. (Ds Meyer van Wyk, Ringskriba, 19.05.2023).

BEROEP

NG Kerk Midrand beroep ds Heinrich Momberg as deeltydse leraar. (Cecile Nagel, Administrasie, 22.05.2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top