- Hierdie kennisgewings is op 2 Junie 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Prop Lisa Holtzhausen na NG Vryheid-Suidoos.
AANVAAR
Prop Lisa Holtzhausen na NG Vryheid-Suidoos.
KWAZULU-NATAL
BEVESTIGING
Vryheid-Suidoos kondig met vreugde aan dat ons vir proponent Lisa Holtzhausen as dominee beroep het na ons gemeente. Haar ontvangs vind Saterdag die 24ste Junie 2023 plaas en Sondag 25 Junie 2023 is haar intreepreek by ons. (Hester Maré, Skriba, 02.06.2023).
NOORDELIKE SINODE
RINGSKRIBA
Ds Jacques Erasmus van NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk is hierdie jaar verkies as skriba van die Ring van Pietpotgietersrus. Sy kontakbesonderhede is ds.jacques.erasmus@gmail.com en 072 653 9845. (Anita Hurn, Administratiewe beampte, 30.05.2023).
Geborg
