Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ontdek meer oor hóé jy glo in nuwe gids oor “geloofstyle”

Faithstyle deur Nico Simpson

Uitgewer: Bybel-Media, 2022

Resensent: Yolandi Kok

FaithStyle deur dr Nico Simpson is ’n omvattende boek wat gelowiges en gemeentes wil help om te verwoord waar hulle hulleself op die geloofsreis bevind. Dit is ook ’n waardevolle hulpbron vir verdere groei van welke punt lesers hulleself ook al bevind.

Simpson fokus nie op die inhoud van geloof nie, maar neem die leser eerder op ’n ontdekkingstog om te verstaan hoe ons glo. Hierdie ontdekkingstog bring die raamwerke na vore wat ons gebruik om betekenis te vorm.

In ’n wêreld waar mense sukkel om mekaar te hoor en ruimte te maak vir diversiteit, help Simpson die leser om die verskeidenheid en waarde van mense se unieke FaithStyle (‘Geloofstyl’) te ontdek en te waardeer.

Hy illustreer die elemente van geloofsraamwerke sistematies en op ’n visuele en kleurvolle manier. Die leser moet egter kophou met die verduideliking van die teoretiese onderbou van Geloofstyl. Insig in die teorie van geloofsontwikkeling is egter baie waardevol om sodoende die verskillende fasette van die geloofstyle wat die boek aanbied te verstaan en uiteindelik sinvol toe te pas.

Elke mens se geloofstyl is uniek en word saamgestel uit ’n raamwerk wat gebruik word om betekenis te vorm, die verskillende verhoudings waarbinne ons staan (met onsself, met ons naaste, met ons omgewing en met God) en God se roeping vir die mens om vry te wees.

Individue en gemeenskappe sal ontdek wat hulle unieke styl is om hulle geloof uit te leef. Hulle sal ook insig kry oor hoekom hulle onder andere die Woord verkondig, getuig, dien en aanbid op die manier waarop hulle dit doen.

Die skrywer identifiseer 32 fasette van geloofstyl wat gebaseer is op Jesus se lewe. Die leser ontdek hoe Jesus ’n storieverteller, evangelis, pionier, geneesheer, kunstenaar, gasheer, vriend en nog baie meer is. Gelowiges en gemeentes sal hulleself in hierdie fasette ontdek.

Faithstyle bied ook ’n proses aan wat “geloofspiraal” genoem word, wat die lesers kan gebruik om die volgende stappe van hulle geloofsreis te identifiseer.

Hierdie boek moet nie net gelees word nie, maar moet bestudeer word! Faithstyle is van groot waarde vir lidmate en gemeentes.

Beskikbaar by Bybelmedia.

Ds Yolandi Kok is predikant by Domus Dei Randburg-Suid.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top