Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 23 Junie 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 23 Junie 2023 opgedateer.

BEROEP

Ds Jan Grobbelaar van Cradock-Oos na Patmos.

AANVAAR

Ds Johan Botes van Gordonsbaai na Hermanus.

WES-KAAPLAND

DEMISSIE

Ds Johan Botes van NG Kerk Gordonsbaai het ’n beroep aanvaar na NG Kerk Hermanus. Die akte van demissie is aan hom oorhandig op Sondag, 18 Junie 2023. (Andre Westraat, Ringskriba: Ring van Somerset Wes, 19.06.2023).

BEVESTIGING

Ds Melanie Smit is op Sondag 18 Junie as tentmakerleraar bevestig by NG Kerk Helderberg. Melanie was vroeër ’n kapelaan in die SA Nasionale Weermag (sedert 2004), maar is reeds van die begin van die jaar deel van die Helderberg Gemeente as uitreikbestuurder. As tentmakerleraar sal sy die bevoegdheid hê om as predikant op te tree, maar haar primêre rol bly dié van uitreikbestuurder. (Marisa Viljoen, Leraarskoördineerder, 19.06.2023).

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Ds Jan Grobbelaar van die NG Gemeente Cradock-Oos is beroep na die NG Gemeente Patmos as voltydse leraar. (Elizna Milne, Skriba, 20.06.2023).

SINODE GOUDLAND

RINGSITTING

Die 85ste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind plaas op Maandag 7 Augustus 2023 om 9:00 by NG Coligny-Oos. (Annalien Wilson, Sekretaresse: Ring van Lichtenburg, 22.06.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top