Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 30 Junie 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 30 Junie 2023 opgedateer.

BEROEP

Ds AP (Dries) Coetzee (emeritus) van Philipstown na Migdol; ds MFR (Marnus) Geyser van Marchand na Jan Kempdorp; ds JA (Riaan) Jonker van Wolmaransstad na Warmbad-Wes; ds Annatha Nel (vroeër van Cradock-Noord) na Keimoes en Neilersdrift.

AANVAAR

Ds WC (Willie) Crous van Brenthurst na Schweizer-Reneke-Noord; ds M (Rethie) van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk na Driehoek.

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Ds Marthinus Frederik Rudolf Geyser van Marchand word beroep na NG Kerk Jan Kempdorp. (Pauline du Preez, Skriba:NG Jan Kempdorp, 23.06.2023).

Tydens die gesamentlike beroepingsvergadering van ’n predikant vir NG Kerk Keimoes en NG Kerk Neilersdrift op Maandag 26 Junie 2023, is ds Annatha Nel beroep as leraar en herder van die gemeentes. (Elmarie Viviers, Skriba, 29.06.2023).

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Op Saterdag 24 Junie 2023 is ds Lisa Holtzhausen bevestig te NG Vryheid-Suidoos. Sondag 25 Junie was haar intreepreek. Welkom, Ds Lisa, en mag jy die groot hart van ons gemeente beleef en deel voel van ons familie. (Nico Els, Saakgelastigde, 27.06.2023).

Ds Lisa Holtzhausen is bevestig te NG Vryheid-Suidoos. Foto: Verskaf

Ds Gerhardus Stephanus Botha, voorheen van NG Westville in Durban, word op 2 Julie 2023 as leraar van NG Durban-Wes bevestig. (Jan Wessels, Gemeenteadministrasie).

SINODE GOUDLAND

BEROEP

Ds AP (Dries) Coetzee (emeritus) van NG Philipstown is beroep na NG Migdol. (Ds AP Coetzee nms Skriba Migdol, 26.06.2023).

BEVESTIGING

Ds Willie Crous van NG Brenthurst Brakpan het ’n beroep aanvaar na NG Schweizer-Reneke-Noord. Sy bevestiging en intreepreek sal plaasvind op 23 Julie 2023. (Lood Matthee, Leierouderling, 26.06.2023).

Ds Rethie van Niekerk van Blouwaterbaai Familiekerk het die beroep as leraar na NG Kerk Driehoek aanvaar. Haar bevestiging en intreepreek vind plaas op Sondag 23 Julie. (Christa Breedt, Admin/Skriba, 29.06.2023).

NOORDELIKE SINODE

BEROEP

Ds JA Jonker van NG Wolmaransstad is beroep na NG Warmbad-Wes. (Lientjie Botha, Saakgelastigde, 26.06.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top