Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 21 Julie 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 21 Julie 2023 opgedateer.

BEROEP

AANVAAR

Ds Leon Forsman van Greydene na Hayfields.

BEDANK

Ds JA (Riaan) Jonker van Wolmaransstad na Warmbad-Wes.

KWAZULU-NATAL

BEVESTIGING

Ds Leon Forsman van NG Kerk Greydene het die beroep na NG Kerk Hayfields aanvaar en word op 23 Julie bevestig. (Lurinda McGregor, Skriba, 19.07.2023).

NOORDELIKE SINODE

BEDANK

Ds JA Jonker van NG Wolmaransstad het die beroep na NG Warmbad-Wes bedank. (Lientjie Botha, Saakgelastigde, 19.07.2023).

GOUDLAND SINODE

LERAAR OORLEDE

Ds Frans Jacob Louis van Loggerenberg (03/08/1940-20/07/2023) is oorlede. Sy begrafnis vind op Vrydag 28 Julie 2023 plaas by NG Gemeente Drie Riviere-Oos waar ds Frans en Mary vanaf 2017 lidmate was.

Ds Frans is in 1975 gelegitimeer en in 1976 ontvang in Louwsburg. Hy bedien daarna die gemeentes: Premiermyn (1979-1983), Bedworthpark (1983-1999) en Kollegepark (1999-2000). Hy emeriteer in 2000.

Ds Frans het die laaste paar jare gesukkel met sy gesondheid. Hy sal baie gemis word veral vir sy spitsvondigheid. (Ds Chris Olivier, leraar: NG Gemeente Drie Riviere-Oos).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top