Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 28 Julie 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 28 Julie 2023 opgedateer.

AANVAAR

Dr Eduan Naudé na Bospoort.

VRYSTAAT

Op 23 Julie 2023 is ds John Matthews, voorheen van Vier Ankers Gemeente in Sasolburg, in NG Heuwelsig as diensleraar met opdrag: Jeug, bevestig. Ds Craig Salzmann van NG Heuwelsig het die bevestiging waargeneem. Tans pendel ds John tussen Sasolburg en Bloemfontein totdat sy dogters hulle skooljaar voltooi het. Vanaf Desember 2023 sal die gesin hulleself in Bloemfontein vestig. (Anmar Potgieter, Kantoorhoof, 24.07.2023).

Op 23 Julie 2023 is ds Chris de Vries, voorheen van NG Kerk Kovsiekampus (Kopanong Church), as tentmaker gekoppel aan NG Heuwelsig, in die gemeente bevestig. Ds Craig Salzmann van NG Heuwelsig het die bevestiging waargeneem. Ds Chris de Vries se bediening aan studente gaan steeds voort as ’n bediening wat ressorteer onder Sinodale Vennote in Getuienis. (Anmar Potgieter, Kantoorhoof, 24.07.2023).

SINODE GOUDLAND

AANVAAR

Dr Eduan Naudé (uitgetree) het die beroep na NG Gemeente Bospoort aanvaar. (Tersia Roux, Skriba, 23.07.2023).

NOORDELIKE SINODE

RINGSITTING

Die vyf en tagtigste gewone sitting van die Ring van Pietersburg/Polokwane vind plaas op 13 Augustus 2023 om 16:00 by NG gemeente Pietersburg. (Matie Horn, Ringskriba, 26.07.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top