Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus 4 Augustus 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 4 Augustus 2023 opgedateer.

AANVAAR

Ds Jan Grobbelaar van Cradock-Oos na Patmos.

WES-KAAPLAND

NAAMSVERANDERING

Die kerkraad van die NG Gemeente Kleinmond het afgelope Woensdag besluit om voortaan ’n meer inklusiewe gebruiksnaam te gee vir die gemeente wat ’n baie groter area bedien as net die dorp Kleinmond. Alhoewel hulle amptelik geregistreerde naam nie nou verander nie, gaan hulle oor die algemeen praat van die NG Gemeente Kogelberg. (Heinrich Carstens, Leraar, 04.08.2023).

OOS-KAAPLAND

AANVAAR

Dit is met ’n baie dankbare hart en met groot opgewondenheid dat die kerkraad kan bevestig dat ds Jan Grobbelaar van NG Gemeente Cradock-Oos die beroep na NG Kerk Patmos amptelik aanvaar het. Sy dienskontrak begin op 1 September 2023 en sy bevestiging sal op 3 September 2023 plaasvind. (Elizna Milne, Skriba, 02.08.2023).

SINODE GOUDLAND

BEVESTIGING

Dr Eduan Naudé het die beroep na die NG Kerk Bospoort aanvaar en word op Saterdag 5 Augustus 2023 om 10:00 bevestig. (Johan Rademeyer, Skriba: Ring van Delareyville, 28.07.2023).

OOSTELIKE SINODE

RINGSITTING

Die Ringsdiensraad van die Ring van Lydenburg gee kennis dat die Ring van Lydenburg ’n ringsitting hou op 19 Augustus 2023 te Waterval-Boven, aangebied deur NG Kerk Machado-Boven. (Johan Koen, Leraar, 01.08.2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top