Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus 11 Augustus 2023

  • Hierdie kennisgewings is op 11 Augustus 2023 opgedateer.

AANVAAR

Ds J Marx na NG Pietersburg-Noord.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Johan Botes, voorheen van NG Kerk Gordonsbaai, is op Sondag 6 Augustus 2023 bevestig te NG Kerk Hermanus deur ds Corné Kemp. (Elmarie Maree, Saak, 07.08.2023).

EMERITAAT

Ds Dirk Petrus Oosthuizen het op 6 Augustus 2023 65 geword en sal op Sondag 13 Augustus 2023 emeriteer te NG Gemeente Suidpunt op Struisbaai, Wes-Kaap. Ds Oosthuizen het sy volle bedieningstyd by dieselfde gemeente deurgebring. (Johan Orsmond, Leraar namens die Verenigde Ring van Caledon, 08.08.2023).

NOORDELIKE SINODE

BEVESTIGING

Ds J Marx het die beroep na NG Pietersburg-Noord in Polokwane aanvaar. Ds Marx word op 20 Augustus 2023 in ’n tentmakerspos bevestig. (Hannes Bezuidenhout, Leraar, 09.08.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top