Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Deelnemers aan vanjaar se Slypskool vir Skrywers ontmoet op 23 Augustus by Emseni, naby OR Tambo-lughawe. Die leergeleentheid, wat 'n saamwerkprojek tussen Kerkbode en die Taakspan Navorsing is, duur tot Vrydag.

Oor Zondo, korrupsie, kerke en ‘kindness’ … Ferial Haffajee gesels by Kerkbode se Slypskool vir Skrywers in Johannesburg

Ferial Haffajee was die gasspreker by die jaarlikse Slypskool vir Skrywers wat Kerkbode tesame met die Taakspan Navorsing vanjaar in Johannesburg aanbied.

[soundcloud url=”https://api.soundcloud.com/tracks/1599937593″ params=”color=#ff5500&auto_play=false&hide_related=false&show_comments=true&show_user=true&show_reposts=false&show_teaser=true&visual=true” width=”100%” height=”300″ iframe=”true” /]

Die geleentheid duur drie dae en versterk medewerking binne die NG Kerk se kommunikasie-ekosisteem. Luister na ‘n klankopname van die onderhoud wat Le Roux Schoeman op Woensdag 23 Augustus in Braamfontein met Haffajee gevoer het.
Haffajee is onder meer die skrywer van Days of Zondo en haar werk by Daily Maverick fokus dikwels op Johannesburg

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

5 thoughts on “Oor Zondo, korrupsie, kerke en ‘kindness’ … Ferial Haffajee gesels by Kerkbode se Slypskool vir Skrywers in Johannesburg”

  1. Verfrissende blik op die toekoms van ons land. Duidelik is die belangrikheid van die kerk se stem in die publieke ruimte nog nodig. (al is ons soms geweldig stil). Dit was nodig om te hoor, en ook weer hoop te kry.

  2. Wonderlike onderhoud, dankie Kerkbode. Ferial het my herinner aan die morele stem wat die kerk in die publieke ruimte behoort te hê. Maar nie tipies soos wat ons dalk mag dink nie. Dit was vars en genuanseerd: sy het ons geïnspireer om plaaslike storievertellers te wees, met ‘n oor op die grond en die waagmoed om dieper te delf.

  3. Martin Laubscher

    Ek het groot waardering vir hoe hul ons nooi en soek na die “hoër” (hoopvolle) morele stemme in ons samelewing.

  4. Baie kreatiewe gesprek in ‘n vriendelike “buite die kerk” omgewing. Die oproep vir gelowiges om minder vanaf ‘n afstand te protesteer en meer positief en aktief deel te neem, was verfrissend.

Comments are closed.

Scroll to Top