Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 25 Augustus 2023

BEROEP

Prop Lunette Basson na Theunissen-Wes; ds SB (Stefan) Conradie van Arlington/Lindley na Bethlehem-Éfrata; ds WJ (Vian) Louw van Stilbaai na Klerksdorp-Wilkruin.

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Hiermee bevestig die kerkraad van die NG Kerk Keimoes dat daar geen besware ingekom het na die afkondiginge op 2 Julie 2023 en 9 Julie 2023 nie en dat ds Annatha Nel se aanstelling bekragtig is.

Haar bevestiging en intreepreek vind plaas op 3 September 2023 te NG Kerk Neilersdrift. (Elmarie Viviers, Skriba, 18.08.2023).

VRYSTAAT

BEROEP

Ontvang hiermee kennis dat ds SB (Stefan) Conradie van die NG Kerk Arlington/Lindley op 21 Augustus 2023 as diensleraar na die NG Kerk Bethlehem-Éfrata beroep is. (Karina Greyling, Skriba, 24.09.2023).

Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 17 Augustus 2023 is proponent Lunette Basson beroep as predikant van die NG Kerk Theunissen-Wes. Dit is ’n voltyds onbepaade termynpos. Bevestiging en intreediens moet nog bevestig word. (Trien Stander, Skriba 23.08.2023).

SINODE GOUDLAND

BEROEP

Ds Willem Jacobus Louw van NG Stilbaai is beroep na NG Klerksdorp-Wilkruin. (R van der Merwe, Skriba, 16/08/2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top