- Hierdie kennisgewings is op 1 September 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds GM (Gerhard) Pietersen van Africa Inland Mission en Houtbaai na Helderberg; prop Danell Swanepoel na Jacobsdal; ds WC (Wouter) van Wyk van Tygerpoort na Kempton-Kruin.
WES-KAAPLAND
BEROEP
Ds Gerhard Pietersen van Africa Inland Mission en Houtbaai Gemeente is beroep na Helderberg Gemeente in Somerset-Wes met opdrag Hoop Geloofsgemeenskap. (Dr Danie Möller, Predikant, 30.08.2023).
VRYSTAAT
BEROEP
Prop Danell Swanepoel van Jacobsdal is beroep na NG Gemeente Jacobsdal in ’n tentmakerspos vir ’n periode van 12 maande. (Ds HHS Nortier, o/voorsitter Ring van Fauresmith, 27.07.2023).
HOËVELD SINODE
BEROEP
Hiermee bevestig die gemeenteraad van NG Kempton-Kruin dat ds Wouter Cornelius van Wyk van NG Tygerpoort op 29 Augustus 2023 as predikant na NG Kempton-Kruin beroep is. (Henro du Plessis, voorsitter van die gemeenteraad, 31.08.2023).
