- Hierdie kennisgewings is op 8 September 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds JC Els van Bergville na Suikerbos.
GOUDVELD SINODE
BEVESTIGING
Ds JC Els van NG Gemeente Bergville is beroep na NG Gemeente Suikerbos. Sy bevestiging en intreepreek is op 1 Oktober 2023. (Mariska Botha, Saakgelastigde, 06.09.2023).
RINGSITTING
Die ses-en-sestigste gewone sitting van die Ring van Vereeniging vind plaas op Maandag 9 Oktober 2023 om 18:00 te NG Gemeente Drie Riviere-Oos. Die Ring van De Deur is ook uitgenooi om die ringsitting by te woon. (Ds CCJ Olivier, Ringskriba, 07.09.2022).
Geborg
