Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 29 September 2023

BEROEP

Prop Lunette Basson na Theunissen-Wes; ds SB (Stefan) Conradie van Arlington/Lindley na Bethlehem-Éfrata; dr RS (Rupert) de Koning van Montagu na Welgemoed; ds JC Els van Bergville na Suikerbos; ds WJ (Vian) Louw van Stilbaai na Klerksdorp-Wilkruin, prop Pieter Nel na Pietermaritzburg-Noord; ds GM (Gerhard) Pietersen van Africa Inland Mission en Houtbaai na Helderberg; ds WC (Wouter) van Wyk van Tygerpoort na Kempton-Kruin.

AANVAAR

Dr RS (Rupert) de Koning van Montagu na Welgemoed; ds WA (Willem) Pretorius van Rustenburg-Proteapark na Die Gemeenskapskerk, Sunningdale; prop Danell Swanepoel na Jacobsdal.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Ds Gerhard Pietersen van Africa Inland Mission en Houtbaai Gemeente is beroep na Helderberg Gemeente in Somerset-Wes met opdrag Hoop Geloofsgemeenskap. (Dr Danie Möller, Predikant, 30.08.2023).

AANVAAR

Neem asseblief kennis dat dr Rupert de Koning van NG Gemeente Montagu die beroep na NG Gemeente Welgemoed, Bellville aanvaar het en op 1 Januarie 2024 diens sal aanvaar. (Fritz Brand, Administrasiebestuurder, 22.09.2023).

Ontvang hiermee kennis dat ds MC Engelbrecht van Die Gemeenskapskerk in Sunningdale naby Kaapstad ’n beroep na die Church of Scotland aanvaar het. Sy diens verstryk op 30 September 2023.

Verder het ds WA (Willem) Pretorius die beroep van Rustenburg-Proteapark na Die Gemeenskapkerk, Sunningdale aanvaar en by begin diens met ingang 1 Oktober 2023. (Mandy Morkel, Administratiewe assistent, 26.09.2023).

OOS-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds Aubrey Gouws emeriteer vanuit NG Kerk Uitenhage op 30 September 2023. (Ds V Keyter, Ringskriba, 27.09.2023).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Hiermee bevestig die kerkraad van die NG Kerk Keimoes dat daar geen besware ingekom het na die afkondiginge op 2 Julie 2023 en 9 Julie 2023 nie en dat ds Annatha Nel se aanstelling bekragtig is.

Haar bevestiging en intreepreek vind plaas op 3 September 2023 te NG Kerk Neilersdrift. (Elmarie Viviers, Skriba, 18.08.2023).

RINGSITTING

Die Ring van Hanover se 40ste ringsitting sal op Dinsdag 10 Oktober 2023 by NG Kerk De Aar plaasvind. (Ds Marizanne Pfeil-Wessels, Skriba, 27.09.2023).

KWAZULU-NATAL

BEROEP

Neem asseblief kennis dat NG Kerk Pietermaritzburg-Noord tydens ’n beroepingsvergadering gehou op 19 September besluit het om prop Pieter Nel te beroep. Hy word as diensleraar beroep met opdrag prediking. (Elizma Roselt, Saakgelastigde: NG Kerk Pietermaritzburg-Noord, 22.09.2023).

VRYSTAAT

BEROEP

Ontvang hiermee kennis dat ds SB (Stefan) Conradie van die NG Kerk Arlington/Lindley op 21 Augustus 2023 as diensleraar na die NG Kerk Bethlehem-Éfrata beroep is. (Karina Greyling, Skriba, 24.09.2023).

Op ’n kerkraadsvergadering gehou op 17 Augustus 2023 is proponent Lunette Basson beroep as predikant van die NG Kerk Theunissen-Wes. Dit is ’n voltyds onbepaade termynpos. Bevestiging en intreediens moet nog bevestig word. (Trien Stander, Skriba 23.08.2023).

BEVESTIGING

Proponent Danell Swanepoel van Jacobsdal het die beroep na NG Gemeente Jacobsdal as tentmaker aanvaar. Haar bevestiging en intreepreek vind plaas op Sondag 08 Oktober 2023 om 09:00. (Ds HHS Nortier, o/Voorsitter Ring van Fauresmith, 21.09.2023).

SINODE GOUDLAND

BEROEP

Ds Willem Jacobus Louw van NG Stilbaai is beroep na NG Klerksdorp-Wilkruin. (R van der Merwe, Skriba, 16/08/2023).

BEVESTIGING

Ds JC Els van NG Gemeente Bergville is beroep na NG Gemeente Suikerbos. Sy intreepreek is op 1 Oktober 2023. (Mariska Botha, Saakgelastigde, 06.09.2023).

RINGSITTING

Die ses-en-sestigste gewone sitting van die Ring van Vereeniging vind plaas op Maandag 9 Oktober 2023 om 18:00 te NG Gemeente Drie Riviere-Oos. Die Ring van De Deur is ook uitgenooi om die ringsitting by te woon. (Ds CCJ Olivier, Ringskriba, 07.09.2022).

HOËVELD SINODE

BEROEP

Hiermee bevestig die gemeenteraad van NG Kempton-Kruin dat ds Wouter Cornelius van Wyk van NG Tygerpoort op 29 Augustus 2023 as predikant na NG Kempton-Kruin beroep is. (Henro du Plessis, voorsitter van die gemeenteraad, 31.08.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top