Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus 13 Oktober 2023

BEROEP

Ds JJ (Jac) Pienaar van Potchefstroom-Wes na Garsfontein.

AANVAAR

Ds SB (Stefan) Conradie van Arlington/Lindley na Reitz-Wes; ds CJ (Coenraad) van Staden van Klerksdorp-Goudkop na Klerksdorp-Wilkruin.

BEDANK

Ds WJ (Vian) Louw van Stilbaai vir Klerksdorp-Wilkruin.

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dr BA (Arnold) Nadel is op Saterdag 30 September as leraar in Britstown bevestig. (Talitha Pringle, Gemeentebestuurder, 09.10.2023).

Ds Arnold Nadel en sy vrou Juanita. Foto: Verskaf

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds Danell Swanepoel is op Sondag 8 Oktober 2023 deur ds HHS (Mias) Nortier by NG Jacobsdal in ’n tentmakerspos (12 maande) bevestig. (Ds HHS Nortier, o/voorsitter Ring van Fauresmith, 10.10.2023).

Ds Stefan Conradie van Arlington/Lindley het die beroep na Reitz-Wes aanvaar. Sy bevestiging sal op Saterdag 2 Desember 2023 plaasvind. (Ds JH Hattingh, Konsulent, 01.01.2023).

EMERITAAT

Ds Barry van Wyk tree einde Oktober 2023 af. Die kerkraad van NG Kerk Parys-Wes het besluit om hom op ’n jaarlikse kontrakbasis aan te stel. (Dries de Jager, Gemeentebestuurder/koster, 05.10.2023).

GOUDLAND

BEVESTIGING

Ds Coenraad van Staden van Klerksdorp-Goudkop het die beroep na Klerksdorp-Wilkruin aanvaar. Sy intreepreek is op Sondag 3 Desember 2023. (Riana vd Merwe, Skriba, 09.10.2023).

OOSTELIKE

BEROEP

Ds Jac Pienaar van NG Potchefstroom-Wes is op 9 Oktober na NG Gemeente Garsfontein beroep. (Natascha de Jager, Administrasie / Registerhouer, 11.10.2023).

EMERITAAT

Ds LE (Leon) Westhof van Elarduspark emeriteer einde November 2023. (Riaan van Zyl, Kantoorbestuurder, 09.10.2023).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top