Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.
- Die AS word versoek om opdrag te gee aan die Taakspan Missionale Roeping en werkgroep vir evangelisasie vir verdere beplanning, ontwikkeling van materiaal en die aanbieding van die nodige werkswinkels en toerustingsmateriaal met die oog op praktyk-skoling en begeleiding van gemeentes.
- Die taakspan Missionale Roeping word versoek om aandag te gee aan die integrasie van evangelisasie met ander missionale werksaamhede, veral diakonaat en die aanspreek van sosiale geregtigheid.
- Die Algemene Kuratorium word versoek om wyses te ondersoek hoe die materiaal van hierdie verslag in die teologiese opleiding geïntegreer kan word.
- Die Algemene Sinode versoek deelnemende sinodes om te oorweeg om werkgroepe vir evangelisasie in die lewe te roep.
Geborg