Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Tweelingsusters Joey en Liezel du Plessis het besluit om hierdie sinode by te woon vir hulle pa wyle ds Japie du Plessis. By hulle is hulle broer, ds Grant du Plessis, moderator van Goudlandsinode. Foto: Helene Meissenheimer

Stemme by die sinode: Tweelingsusters ‘voltooi sirkel’ deur ‘legendariese’ predikantepa begin

Liezel en Joey du Plessis (52) van Boksburg vertel**: Ons pa, wyle ds Japie du Plessis van Delareyville-Oos, het altyd die agenda uit sy kop uit geken. Ons het in die sinodes grootgeword, want vandat ons verstand gehad het, het ons pa ons en ons broer Grant na hierdie kerksaamtrekke saamgeneem. Pa het van 1962 af elke Algemene Sinode bygewoon, twee keer as moderator van Goudlandsinode (voorheen Wes-Transvaal). Nou is ons broer ook voorsitter van dieselfde streeksinode. Pa was 26 jaar dominee by Delareyville-Oos-gemeente. Selfs na hy afgetree het, het hy daar gebly as lidmaat en ouderling geword. So is hy nog steeds afgevaardig om die sinodes by te woon. Vier jaar terug (2019) het hy ons gebel so twee weke voor die sinode en gevra of ons dink hy moet gaan. Toe sê ons ja hy moet kom as hy wil kom. Hy was al 87, maar hy het nog steeds die agenda geken. Dit was toe sy laaste keer, want die Woensdag tydens die sinode het hy siek geword en daardie Saterdag is hy oorlede. Daarom het ons besluit om drie dae godsdiensverlof te vat by die skool waar ons twee klasgee om hier te wees ter wille van ons pa. Ons is hierso om ’n sirkel te voltooi.

Lees ook: NG Kerk groet legende | Japie du Plessis (1932-2019)

** Die berig is deel van ’n reeks getuienisse uit die sinode.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top