-
- Hierdie kennisgewings is op 27 Oktober 2023 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds EC (Eddie) le Roux van Witrivier na Piet Plessis; ds JH (Henning) Rademeyer van Randfontein-Noord na Rant en Dal; ds AC (Riaan) Vlok van Queenstown na Tarkastad.
AANVAAR
Ds EC (Eddie) le Roux van Witrivier na Piet Plessis.
OOS-KAAPLAND
BEROEP
Die kerkraad het tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op 22 Oktober 2023 vir ds Riaan Vlok van Queenstown beroep met ’n vastetermyn deeltydse leraarspos vir twee jaar na Tarkastad. (Thea Wait, Skriba, 23.10.2023).
NOORD-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Eduard Christiaan le Roux is beroep na NG Kerk Piet Plessis soos besluit tydens ons vergadering gehou op 11 Oktober 2023. Die bevestigingsdiens vind plaas Saterdag, 11 November 2023 deur konsulent ds Willem Vermaak. Ds Le Roux se beroep word hanteer deur die gemeente van NG Kerk Piet Plessis, waarna die leraar, ingevolge die samewerkingsooreenkoms tussen hierdie gemeente en die gemeentes van NG Kerk Vergelegen en NG Kerk Kameelboom, al drie gemeentes sal bedien. (Marijke Nieuwoudt, Saakgelastigde, 23.10.2023).
SINODE GOUDLAND
BEROEP
Die NG Kerk Rant en Dal het tydens ’n beroepsvergadering gehou op 15 Oktober 2023, besluit om ds JH (Henning) Rademeyer van NG Kerk Randfontein-Noord, te beroep. (Antionette du Plessis, Skriba, 26.10.2023).
HOËVELD SINODE
DEMISSIE
Dr Jannie Theron, wat verbonde is aan die NG Kerk Aan-die-Berg, het na goedkeuring van die kerkraad op Sondag 19 November 2023 tydens ’n erediens om 09:00 die Akte van Demissie ontvang vir jare se voortreflike diens. (Neil du Plessis, Skriba: Ring van Linden, 26.10.2023).
