Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Amptelike Nuus – 17 November 2023


BEROEP

Dr Hennie Swanepoel* (emeritus) na Kuilsrivier; prop SJ (Stefan) Roos na Sunwardpark; ds Deon van der Berg van Vanwyksvlei na Stella.

AANVAAR

Geborg

Ds EC (Eddie) le Roux van Witrivier na Piet Plessis; ds Deon van der Berg van Vanwyksvlei na Stella.

BEDANK

Ds Deon van der Berg van Vanwyksvlei vir Ventersdorp.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Emeritus dr Hennie Swanepoel* is beroep as brugleraar na die NG Kerk Kuilsrivier. (Maureen du Plessis, Die Skriba, Kerkraad Kuilsrivier, 13.11.2023).

EMERITAAT

Geborg

Dr Koos Greeff, tentmakerleraar van die NG Moederkerk Vredenburg emeriteer op 30 November 2023 en ds Willie Greeff, voltydse leraar van die NG Kerk Vredenburg-Akkerdyk gaan einde Februarie 2024 emiriteer. Beide hierdie leraars het diep spore tydens hulle onderskeie bedienings getrap en sal vir seker gemis word. Alle seën word hulle vir hierdie nuwe lewensfase toegebid. (Ds Kotzé Olivier, NG Kerk Saldanha, 14.11.2023).

NOORD-KAAPLAND

AANVAAR

Op 8 November 2023 het ds Deon van der Berg, voorheen van Vanwyksvlei, die beroep aanvaar na NG Gemeente Stella. (Ds Tienie Swanepoel, Ringskriba, 15.11.2023).

BEVESTIGING

Op 11 November 2023 is ds Eddie le Roux, voorheen van Witrivier, bevestig as leraar vir die gemeentes van Piet Plessis, Kameelboom en Vergeleë. (Ds Tienie Swanepoel, Ringskriba, 15.11.2023).

Op 12 November is ds Tienie Swanepoel bevestig as diensleraar vir die NG gemeente Mareetsane. (Ds Tienie Swanepoel, Ringskriba, 15.11.2023).

Geborg

HOËVELD

BEROEP

Die gemeenteraad van Sunwardpark Gemeenskapskerk het proponent Stefan Johannes Roos op 16 November 2023 beroep as leraar na die gemeente. (JND Herman, Voorsitter van die Gemeenteraad, 17.11.2023).

* Die berig is aangepas na publikasie.


Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand