Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus – 24 November 2023

BEROEP

Ds JJ (Jacques) Strydom van Ysterplaat na Brackenfell-Wes; proponent Stephan Swart na Bethlehem-Éfrata; ds CP (Charné) Viljoen van Pellissier na Groot-Brakrivier; ds PJ (Peet) van Zyl van Gobabis na Boesmanland (Springbok).

BEDANK

Ds SB Conradie van Arlington/Lindley vir Bethlehem-Éfrata.

WES-KAAPLAND

BEROEP

Die NG Kerk Wes-Kaapland maak bekend dat by ’n benoemingsvergadering gehou op Woensdag 22 November 2023, ds Lenois Stander benoem is as Saakgelastigde van NG Kerk Wes-Kaapland. (Ds Annelet Slazus, Moderatuur: NG Kerk Wes-Kaapland, 23.11.2023).

Ds Jacques Strydom van Ysterplaat is beroep na Brackenfell-Wes-gemeente. (Grizelda Bothma, Administratiewe Bestuurder: NG Kerk Brackenfell-Wes, 22.11.2023).

Ds Charné Paula Viljoen van NG Kerk Pellissier, Bloemfontein is beroep na NG Gemeente Groot-Brakrivier vir ’n twee jaar vastetermynkontrak. Die datum van die kerkraadsvergadering waarop sy beroep is, is 14 November 2023. (Carmi Kriel, Skriba NG Gemeente Groot-Brakrivier, 20.11.2023).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Ds PJ (Peet) van Zyl van Gobabis is beroep na Boesmanland (Springbok). (Catherine Hayes, 20.11.2023).

VRYSTAAT

BEDANK

Ds SB Conradie van die NG Kerk Arlington/Lindley, wat op 21 Augustus 2023 as diensleraar na die NG Kerk Bethlehem-Éfrata beroep is, het nie die beroep aanvaar nie. (Karina Greyling, Skriba, 23.11.2023).

BEROEP

Proponent Stephan Swart is op 22 November 2023 as medeleraar na die NG Kerk Bethlehem-Éfrata beroep. (Karina Greyling, Skriba, 23.11.2023).

EMERITAAT

Ds MHO (Mauritz) Heyneman emeriteer vanuit NG Heuwelkruin op 30 November 2023. (Oudl PJB Coetzer, Ringskriba Ring van Bloemheuwel, 21.11.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top