- Hierdie kennisgewings is op 8 Desember 2023 opgedateer.
- Donderdag 14 Desember verskyn die laaste Amptelike Nuus vir 2023. Kennisgewings wat na hierdie datum ontvang word, sal op Vrydag 12 Januarie 2024 op Kerkbode se webblad en in die gedrukte Kerkbode van 26 Januarie 2024 gepubliseer word. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds Erich Cornelissen van Harmonie, Virginia na Bethlehem-Noord; diensleraar Dolph Lubbe na Strubenvale.
AANVAAR
Dr HJ (Hennie) Swanepoel (emeritus) na Kuilsrivier; ds Jacques Strydom van Ysterplaat na Brackenfell-Wes; ds CP (Charné) Viljoen van Pellissier na Groot-Brakrivier; ds Roné Vosloo van Kathu na PE Heideveld.
WES-KAAPLAND
AANVAAR
Neem asb kennis dat ds Charné Viljoen haar beroep vanaf NG Pellissier in Bloemfontein na NG Groot-Brakrivier aanvaar het. (Carmi Kriel, Skriba: NG Gemeente Groot-Brakrivier, 04.12.2023).
Ds Jacques Strydom van Ysterplaat het die beroep na Brackenfell-Wes aanvaar. (Grizelda Bothma; Administratiewe Bestuurder: NG Kerk Brackenfell-Wes, 08.12.2023).
BEVESTIGING
Dr Hendrik Jacobus (Hennie) Swanepoel het ’n beroep as brugleraar na die NG Gemeente Kuilsrivier aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek vind op Sondag 4 Februarie 2024 plaas. (Maureen du Plessis, Skriba, 05.12.2023).
OOS-KAAPLAND
AANVAAR
Ds. Roné Vosloo van Kathu het die beroep na NG PE Heideveld aanvaar. Haar bevestiging is 28 Januarie 2024. (Liésl Knipe, Admin Beampte: NG Kerk PE Heideveld, 07.12.2023).
VRYSTAAT
BEROEP
Ds Erich Cornelissen van NG Kerk Harmonie op Virginia is beroep na NG Gemeente Bethlehem-Noord. (Karen Boshoff, Skriba, 06.12.2023).
HOËVELD
BEROEP
Die NG Gemeente Strubenvale het op 21 November 2023 vir Dolph Lubbe beroep as diensleraar. (Ds Francois Gouws, Skriba: Ring van Delmas, 05.12.2023).
- Hierdie artikel is aangepas na publikasie.
