Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Ds Connie Bester (1938 – 2022)


Cornelius Bester is op 24 September 1938 gebore op Aliwal-Noord. Connie se ouers is Andries en Mimmie Bester, spoorwegmense in hart en siel. Connie word gedoop op die walle van die Oranjerivier tydens die feesvierings van 1938 se Ossewatrek. Spoorwegwerkers is gereeld verplaas. Connie word groot op Barkly-Oos, Indwe en Burgersdorp, waar hy sy laerskooljare deurloop. Met die gesin se vertrek in 1946 na Pretoria, word hy leerling aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria waar hy in 1954 matrikuleer. Na skool begin hy werk in Pretoria by die SA Spoorweë en vanaf 1957 tien jaar lank by die stadsraad van Pretoria.

Intussen voel hy geroepe om predikant te word en begin hy deeltyds met sy studie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1959 die BA (Admissie)-graad behaal. Coenie trou in 1963 met mej Marlene van der Merwe en uit hulle huwelik is drie dogters en ’n seun gebore. Hy word student aan die Fakulteit Teologie (Afd B) aan Tukkies, en help ook in sy studiejare in die NG Gemeentes Kameeldrif en Lyttelton-Oos. Aan die einde van 1971 word hy as proponent van die NG Kerk gelegitimeer.

Prop Cornelius Bester word op 29 Januarie 1972 met handoplegging in die NG Gemeente Birchleigh ontvang en bevestig. Hier werk hy tot hy op 3 September 1977 leraar word van die NG Moedergemeente Cradock, waar hy werk tot met sy vertrek op 4 September 1980 na Port-Elizabeth. Hier is hy die PSD vir Jeugarbeid en Gemeentebediening in die Sinode van Oos-Kaapland. Na veertien jaar in Port-Elizabeth aanvaar ds Connie Bester ’n aanstelling as besturende direkteur van die VCHO in 1994.

Ds Connie Bester aanvaar op 30 September 2003 sy emeritaat. Hy sterf op 9 Februarie 2022 en sy werk in koninkryksbelang word dankbaar in herinnnering geroep.

Dr Gerdrie van der Merwe VDM

No data was found

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.