Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus – 14 Desember 2023

    • Hierdie kennisgewings is op 14 Desember 2023 opgedateer. 
    • LW: Hierdie is die laaste Amptelike Nuus-berig vir 2023. Ons maak in die nuwe jaar weer so op Vrydag 12 Januarie 2024 op Kerkbode se webblad en in die gedrukte Kerkbode van 26 Januarie 2024. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za

BEROEP

Ds WP (Wynand) Olivier (beroepbaar) van Swellendam na Vryburg-Noord; dr HH (Henry) Williams (emeritus) van De Aar na Kerkenberg.

AANVAAR

Ds Erich Cornelissen van Harmonie, Virginia na Bethlehem-Noord; ds WP (Wynand) Olivier (beroepbaar) van Swellendam na Vryburg-Noord.

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Ds Wynand Petrus Olivier van Swellendam is op 31 Oktober 2023 as voltydse leraar na die NGK Vryburg-Noord beroep. (Ds JD (Kobus) de Kock, Brugleraar, 11.12.2023).

AANVAAR

Ds Wynand Petrus Olivier van Swellendam het die beroep na die NGK Vryburg-Noord aanvaar (Ds JD (Kobus) de Kock, Brugleraar, 11.12.2023).

VRYSTAAT

BEROEP

Tydens ’n kerkraadsvergadering op 12 Desember 2023 is dr HH (Henry) Williams (emeritus) van De Aar beroep in ’n voltydse vastetermynpos van twee jaar in NG Gemeente Kerkenberg. (Ds GD Victor, konsulent namens die Ring van Harrismith, 12.12.2023).

AANVAAR

Ds Erich Cornelissen van NG Kerk Harmonie, Virginia het die beroep as voltydse leraar na NG Gemeente Bethlehem-Noord aanvaar. Diensaanvaarding is op 1 April 2024. (Karen Boshoff, Skriba: NG Gemeente Bethlehem-Noord, 13.12.2023).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top