Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus – 12 Januarie 2024

BEROEP

Prop R (Dolph) Lubbe na Strubenvale.

AANVAAR

Prop R (Dolph) Lubbe na Strubenvale; ds MM (Martin) Steyn van Citrusdal na Bellville-Riebeeck.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Dit is vir die kerkraad van die NG Gemeente Bellville-Riebeeck aangenaam om die Kerkbode in te lig dat ds Martin Meyer Steyn op 7 Januarie 2024 as voltydse gemeentepredikant van die gemeente bevestig is. Ds Egbertus Henry Steyn, brugpredikant in diens van die gemeente tot 31 Desember 2023, het die bevestiging hanteer. Ds Steyn was tot die einde van Desember 2023 as voltydse gemeentepredikant in diens van die NG Gemeente Citrusdal. (JP Strauss, Voorsitter: Kerkraad NG Gemeente Bellville-Riebeeck, 09.01.2024).

VRYSTAAT

EMERITAAT

Ds Nicolaas Jacobus Louw (Nicol) Smit van NG Steynsrus emeriteer op 29 Februarie 2024. Die Sentrale Ring van die Vrystaat oorhandig sy Akte van Demissie by Emeritaat. (Ds Ronel Coertzen, Skriba: Sentrale Ring Fouriesburg, 05.01.2024).

HOËVELD

BEVESTIGING

Prop R (Dolph) Lubbe het die beroep na NG Gemeente Strubenvale as diensleraar aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 13 Januarie 2024. (Ds Francois Gouws, Skriba: Ring van Delmas, 08.01.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top