Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk

Amptelike nuus – 19 Januarie 2024

AANVAAR

Prop R (Dolph) Lubbe as diensleraar na Strubenvale; ds ST (Stefan) Malan van Empangeni na Heuwelkruin; ds FP (Francois) Naudé (emeritus) na Calvinia; ds MM (Martin) Steyn van Citrusdal na Bellville-Riebeeck; ds W de W (Wouter) van Velden van Wolseley na Montagu.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Francois Naudé is op Sondag, 14 Januarie 2024 in die NG Gemeente Calivinia bevestig. (Ds Danie Gerber, konsulent, 15.01.2024).

Ds Wouter van Velden se bevestiging by NG Gemeente Montagu vind op 4 Februarie 2024 plaas en sal deur ds Suzette Turner waargeneem word. (Elsabé Wright, skriba, 16.01.2024).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Ds Stefanus Thomas Malan is bevestig op Sondag 14 Januarie 2024 deur ds A Meiring by NG Heuwelkruin as leraar. (PJB Coetzer, skriba: Ring van Bloemheuwel, 15.01.2024).

EMERITAAT

Ds Nicolaas Jacobus Louw (Nicol) Smit van NG Steynsrus emeriteer op 29 Februarie 2024. Die Sentrale Ring van die Vrystaat oorhandig sy Akte van Demissie by Emeritaat. (Ds Ronel Coertzen, skriba: Sentrale Ring Fouriesburg, 05.01.2024).

HOËVELD

AANVAAR

Prop R (Dolph) Lubbe het die beroep na NG Gemeente Strubenvale as diensleraar aanvaar. Sy bevestiging vind plaas op 13 Januarie 2024. (Ds Francois Gouws, skriba: Ring van Delmas, 08.01.2024).

EMERITAAT

Ds SD (Servaas) de Kock, leraar van die NG Kerk Randburg, sal die Akte van Emeritaat ontvang by ’n erediens op 28 Januarie 2024. (Ring van Linden, 18.01.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top