Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus – 2 Februarie 2024

BEROEP

Prop Delanie Bezuidenhout as diensleraar na Elarduspark; proponente Anton en Melissa Jacobs na Lindley en Arlington; ds Ruan Janse van Rensburg van Marble Hall na Hulp en Hoop (Mokopane).

VRYSTAAT

BEROEP

Proponente Anton en Melissa Jacobs (gelegitimeer aan die Universiteit Vrystaat in Bloemfontein, 2023) is Sondag 28 Januarie op ’n gesamentlike kerkraadsvergadering van die NG Gemeentes Lindley en Arlington as medeleraars beroep. Die twee gemeentes het ’n samewerkingsoordeenkoms met mekaar. (Ds Gideon Lamprecht, konsulent en skriba van die Ring van Bethlehem, 02.02.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Ds Ruan Janse van Rensburg van Marble Hall is beroep na NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk (Mokopane) as jeugleraar (kontrakpos vaste termyn vir twee jaar). (Anita Burn, Admin Beampte, 30.01.2024).

HOËVELD

BEVESTIGING

Prop JPA (Albert) Jooste is op 28 Januarie bevestig as diensleraar by NG Gemeente Rynfield. Ds Christo Nel het die bevestiging behartig. (Ds Carla van Tonder, Kerkraadvoorsitter, 01.02.2024).

OOSTELIKE

BEROEP

Prop Delanie Bezuidenhout is op 23 Januarie 2024 deur die kerkraad van NG Elarduspark beroep as diensleraar. Die kerkraadsvergadering is deur ds Neels Marais bygewoon waar die stem geslote was en ’n 100% ja-stem gelewer is. Die eerste afkondiging was Sondag 28 Januarie 2024. Die tweede afkondiging is 4 Februarie 2024. Op 11 Februarie 2024 sal die bevestiging gedoen word deur die leraars van NG Elarduspark.(Riaan van Zyl, kantoorbestuurder, 31.01.2024).

VERLIES VAN BEVOEGDHEID

Die Algemene Taakspan Predikantesake (ATP) het ’n skrywe vanaf die kerkraad van Witrivier ontvang insake dr J (Jaco) Putter se bedanking. Hiermee gee die ATP kennis dat dr Putter sy bevoegdheid verloor het aan die hand van Reglement 12.8.1.4 (Dr Dewyk Ungerer, Bestuurder van die Algemene Taakspan Predikantesake, 29.01.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top