Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus – 16 Februarie 2024

BEROEP

Prop JD (Japie) Krige as diensleraar na Melville.

AANVAAR

Ds Ruan Janse van Rensburg na Hulp en Hoop (Mokopane).

GOUDLAND

EMERITAAT

Ds Barend Cornelius Botha (Ben) van NG Lig en Lewe emeriteer op 29 Februarie 2024. Die Ring van Lichtenburg oorhandig sy Akte van Demissie by Emeritaat op 3 Maart 2024. Ds Ben Botha bly aan in die gemeente as voltydse leraar in ’n vastetermynpos. (Dr Gavin Meistre, Skriba: Ring van Lichtenburg, 12.02.2024).

NOORDELIKE

BEVESTIGING

Ds Ruan Janse van Rensburg het die beroep na NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk (Mokopane) as jeugleraar (kontrakpos vaste termyn vir twee jaar) aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek vind plaas op 3 Maart. (Anita Hurn, Admin Beampte, 14.02.2024).

EMERITAAT

Ds Anton Pienaar, NG Gemeente Suidoos-Pretoria (Stellastraat), ontvang op 10 Maart 2024 demissie met emeritaat. Hy bly aan in die gemeente met ’n termynkontrak. (Malan Nel, Kantoorkoördineerder, 16.02.2024).

HOËVELD

BEROEP

Die kerkraad van Melville Kruisgemeente het op sy beroepingvergadering van 24 Januarie 2024 vir prop JD (Japie) Krige as Diensleraar: Onderrig en Lering beroep. (Lara Botha, Kantoorbestuurder, 12.02.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top