Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Bergville, KZN: Permanente pos – Leraar/diensleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 30 April 2024.

Gemeenteprofiel:

Bergville is geleë aan die voet van die Drakensberge. Dit is ’n landbou-omgewing. Bergville is 20 km vanaf Winterton, waar nog ’n Afrikaanse laerskool is, 52 km vanaf Ladysmith en 80 km vanaf Harrismith. Die gemeente het 53 belydende lidmate en 13 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

Leraars wat aansoek doen vir die pos by Bergville moet oor die volgende eienskappe beskik:

  1. ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig sal hê.
  2. Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie met boodskap en dade uitdra.
  3. Beskik oor sterk leierseienskappe om lidmate te motiveer.
  4. ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.
  5. Bereid wees om huisbesoek te doen.
  6. ’n Teologie wat klem plaas op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die gereformeerde kerk se belydenisskrifte.

Werksprofiel:

  1. Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid en te dien.
  2. Dinamiese en aktuele prediking met ’n klem op lof en aanbidding.
  3. Betrokkenheid by die jeug- en gesinsbediening, asook ons senior lidmate.
  4. Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
  5. Betrokkenheid by die gemeenskap.

Vergoeding en voordele:

’n Traktement en reistoelae word aangebied. ’n Ruim pastorie is beskikbaar op kerkperseel.

Dit is ’n permanente deeltydse pos wat ruimte laat vir die leraar om ekstra inkomste self te genereer.

Ons nooi leraars van die NG Kerk wat ons op hierdie pad wil begelei om hulle CV’s in te stuur na ngbergville@gwisa.com met die oog op ’n beroep hierheen (referente word gevra).

Navrae:

Ds Ben Klut (konsulent) 082 819 9958.

Tommie Scholtz (voorsitter kerkraad) 084 583 3544.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top