Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus – 1 Maart 2024

AANVAAR

Dr TJ (Tom) Smith van Fontainebleau na Excelsus Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling.

WES-KAAPLAND

EMERITAAT

Ds Jurie Johannes Blom (Jurie) van NG Namakwaland emeriteer op 31 Maart 2024. Hy lewer sy afskeidspreek op 17 Maart, waartydens sy Akte van Demissie by Emeritaat aan hom oorhandig word.(Ds JC van Schoor, Skriba: Ring van Namakwaland, 29.02.2024).

OOS-KAAPLAND

EMERITAAT

Die Ringskommissie van die Ring van Oos-Londen bevestig hiermee dat ds Riaan van der Mescht, leraar van NG Gemeente Nahoon, op 1 Maart 2024 met emeritaat medies ondergeskik uitgetree het uit die gemeente van NG Nahoon en die Ring van Oos-Londen. Die Ringskommissie het ook sy aansoek om medies ongeskik verklaar te word, ondersteun en die NG Gemeente Nahoon in so ’n proses bygestaan. Die Ringskommissie vertrou dat hy en sy gesin die pad vorentoe onder die leiding en krag van die Heilige Gees sal loop. (Ds J Kleynhans, Ringskriba: Oos-Londen, 01.03.2024).

HOËVELD

AANVAAR

Die Kuratorium van die NG Kerk by die Universiteit van Pretoria het kennis geneem dat dr Tom Smith van die NG Gemeente Fontainebleau die benoeming as hoof van Excelsus aanvaar het. Dr Smith sal formeel op 1 April 2024 in diens tree. (Ds Hannes Windell, Sinodale Bestuurder: Hoëveld Sinode, 29.02.2024).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top