Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike nuus – 15 Maart 2024

BEROEP

Ds JH (Jan) Coetzer van Vaalwater na Oos-Londen.

OOS-KAAPLAND

BEROEP

Ds Jan Coetzer is tydens ’n beroepingsvergadering van die kerkraad van NG Gemeente Oos-Londen, gehou op 18 Februarie 2024, beroep. (Ds NZ Bezuidenhout, Voorsitter: Kerkraad, Oos-Londen, 08.03.2024).

KWAZULU-NATAL

SINODESITTING

Die sewe en negentigste Sinodevergadering van die NG Kerk in KZN sal plaasvind op 4-6 Junie 2024 by die Nederduitse Gereformeerde Kerk Hayfields te Pietermaritzburg. (Ds Pieter Grobler, Skriba: NG Kerk in KZN, 13.03.2024).

OOSTELIKE

EMERITAAT

Ds JIF (Jim) de Villiers van NG Kerk Witbank Klipkerk (Moedergemeente) emeriteer op 28 April 2024. By die geleentheid sal die Ring van Witbank sy akte van demissie by emeritaat oorhandig. Ds De Villiers bly egter aan in die gemeente met ’n vastetermynpos. (Ds Robert Meintjies, Skriba: Ring van Witbank, 15.03.2024).

Hierby kennis van die emeritaat van dr Johan Hendrik Frederick Taute op 31 Maart 2024. Die akte van demissie by emeritaat word tydens die oggenddiens van 17 Maart 2024 by Lux Mundi oorhandig deur die voorsitter van die Ring van Pretoria-Faerie Glen. (Ds Marco la Grange, Leraar: Eredienste & Jeug, 14.03.2024).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top