Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Vredenburg Moedergemeente: Voltydse medeleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum: 5 April 2024.

GEMEENTEPROFIEL:

  • NG Vredenburg Moedergemeente is ’n plattelandse gemeente aan die Weskus van Suid-Afrika met ongeveer 1 086 belydende en 263 dooplidmate.

Die gemeente bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe.

  • Ons is ’n omgeegemeente waar ons naby aan God tot seën vir mekaar en ander leef. Al ons aksies spruit uit waardes wat gerig is op gehoorsame soeke na God se wil.
  • Ons omgewing en gemeenteprofiel word geraak deur die ekonomiese uitbreiding aan die Weskus. Ons verwag dat jonger mense en gesinne sal toeneem, wat ’n besliste invloed op die bedieningsfokus van die gemeente meebring.

LERAARSPROFIEL:

  • Ons vertrou die Here vir ’n leraar wat opgewonde ons visie as omgeegemeente sal deel en sal aanklank vind by ons waardes.
  • Hierdie pos is vir ’n gelegitimeerde van die NG Kerk wat die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde sal nakom.
  • Die gemeente het ’n behoefte aan ’n dinamiese, Geesvervulde leraar wat entoesiasties is oor sy/haar roeping, wat ’n passie het vir die verkondiging van die Woord en wat omgee vir mense.
  • Bewese ondervinding in die vestiging en ondersteuning van ’n kleingroepbedieningsmodel.
  • Sensitief vir die bedieningsuitdagings van diverse spiritualiteite en kulture.
  • Bewese vaardighede met die gebruik van sosiale en multimedia om kommunikasie te bevorder.
  • Vermoë om leiers toe te rus en te ondersteun om verantwoordelikheid vir projekte en bedienings te neem.

VERGOEDING:

  • In lyn met sinodale riglyne tot ’n maksimum van posvlak 5.
  • Die pakket sluit ’n pastorie (behuising) in.

AANSOEKE:

  • Belangstellendes moet ’n volledige CV elektronies stuur, met die name en telefoonnommers van minstens twee referente wat gekontak kan word.
  • Die beroepingskommissie versoek ook ’n een minuut video-opname waarin belangstellendes hulle roeping en rede vir aansoek bespreek. Die video moet asseblief saam met die CV ge-epos word.
  • Indien beskikbaar, voorsien asb ’n webskakel na ’n erediens wat die aansoeker behartig het.
  • Die sluitingsdatum is 5 April 2024.
  • Die e-posadres is: vredngk2@imaginet.co.za
  • Vir navrae skakel: Jurie van Zyl (083 556 1054) of Frans Koch (083 270 7737).
  • Die datum van diensaanvaarding is soos ooreengekom met die beroepene.

Die kerkraad behou hom die reg voor om geen beroep uit die aansoeke uit te bring, of ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top