Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Sluitingsdatum: 22 April 2024.
Gemeenteprofiel: Ballito Gesinskerk NG Noordkus is in die pragtige kusdorp Ballito sowat 50 km noord van Durban geleë. Amptelik staan die kerk bekend as NG Noordkus maar word verwys na Ballito Gesinskerk om die karakter en identiteit van die gemeente te weerspieël. Ons het ’n moderne en funksionele kerkgebou wat goed toegerus is met oudio-visuele tegnologie.
Ballito (en ons gemeente) groei teen ’n vinnige tempo met talle Afrikaanse gesinne wat op ’n maandelikse basis vanaf ander provinsies verhuis om ’n rustige lewenstyl te beleef. Die gemeente is 83 jaar oud en het sowat 427 lidmate met ’n gemiddelde diensbywoning van sowat 160 lidmate en besoekers. 69% van die lidmate is oor die ouderdom van 40 en met die onlangse aanstelling van ’n jeugwerker is die getalle van die jeugbediening aan die toeneem, wat baie jonger gesinne na ons gemeente trek.
Ter opsomming, Ballito Gesinskerk is ’n omgeegemeente wat Jesus se liefde uitstraal en sy dissipelskap na binne en buite uitleef.
Ballito Gesinskerk is ’n baie aktiewe gemeente met ’n verskeidenheid bedieninge binne die gemeente asook uitreikaksies na buite waarby die lidmate betrokke kan raak.
Leraarsprofiel: Die leraarsprofiel word gebou rondom die ampspligte van Artikel 9 van die Kerkorde met fokus op:
- Die geskikte kandidaat moet ’n gelegitimeerde leraar binne die NG Kerk wees, met ’n minimum van vyf jaar verwante ondervinding.
- Dinamies en opgewasse wees om sterk leiding te neem.
- Rekenaar- en mediavaardig.
- Verbind tot opbou en uitbou van ons gemeente.
- ’n Leraar wat vernuwend en toekomsgerig die gemeente kan inspireer en ontwikkel om die koninkryk prakties te verwesenlik.
- ’n Geesvervulde leraar wat met diep insig die Woord maklik verstaanbaar en passievol vir oud en jonk kan bedien.
- Bevorder lofprysing en musiek tydens eredienste (’n musikale aanleg sal ’n bonus wees).
- ’n Leraar wat pastorale sorg, geestelike begeleiding en teologiese leiding effektief kan verrig.
- ’n Leraar wat gemaklik is om met die ouer demografie (±45% bejaarde lidmate) te werk, maar ook goed met jong mense kan identifiseer.
- Toeganklikheid tot gemeentelede, asook nie-gemeentelede van alle ouderdomsgroepe en omstandighede.
Vergoeding en voordele:
- Basiese salaris volgens sinodale skaal wat ook pensioen, medies en vervoertoelaag insluit volgens skaal, op maksimum posvlak kerf 13.
- ’n Pastorie word nie voorsien nie, maar ’n behuisingstoelaag word aangebied.
Die pakket en samestelling is onderhandelbaar volgens spesifieke behoeftes.
Aansoek:
- Stuur asb ’n volledige CV (nie langer as vier bladsye nie), wat jou vorige bediening, werksgeskiedenis, verdere opleiding en bedieningshoogtepunte volledig uiteensit en VBO-status bevestig. Ten minste twee kontakbare referente moet ingesluit wees.
- Maak ’n kort video, waarin jy jouself bekendstel en met ons deel waarom jy vir die pos aansoek doen, asook die gawes, talente en vaardighede wat jy hier kan kom uitleef.
- Aansoeke met jou CV, video en ’n skakel van ’n aanlyn erediens moet per e-pos gerig word aan: kerkkantoor@noordkus.co.za voor of op 22 April 2024.
- Aansoekers sal per e-pos en telefonies gekontak word indien hulle die kortlys haal, en die aanvanklike aanlyn onderhoud sal gereël word.
- Indien die pre-advieskommissie nie binne vier weke na die sluitingsdatum met jou kontak maak nie, moet jou aansoek as onsuksesvol beskou word.
- Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees in Mei/Junie vir ’n onderhoud en erediensbeurt. Ons wil jou graag aan die gemeente voorstel en vir jou ’n geleentheid bied om Ballito Gesinskerk se hartlikheid te ervaar.
- Deur die indiening van die CV, gee die kandidaat toestemming dat die inligting soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die POPIA-wetgewing. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en slegs deur die Ballito Gesinskerk vir die beroepingsproses gebruik word.
- Die Pre-advieskommissie van Ballito Gesinskerk behou die reg voor om self inligting aangaande die aansoeker in te win.
Diensaanvaarding: Die aanvangsdatum van die pos is 1 September 2024, of soos ooreengekom tussen die partye.
Navrae: Besigtig Ballito Gesinskerk se profiel, werksaamhede/besonderhede op die gemeente se webblad: https://www.noordkus.co.za
Kontak die voorsitter of ondervoorsitter van die pre-advieskommissie vir meer besonderhede:
Voorsitter: Theanna Taylor 083 378 0742 theanna.taylor@gmail.com
Ondervoorsitter: Marilize Redelinghuys 082 562 4902
redelinghuys.marilize@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.