Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars wat beweeg (Amptelike nuus – 5 April 2024)

BEROEP

Prop W (Wynand) Eloff na Warmbad-Wes; ds Natalie-Ann van Blerk van Mootvallei na Waverley; prop SM (Stephanie) Vermaak na Kathu.

AANVAAR

Prop ML (Marisa) Pienaar na Vanwyksvlei; dr PE (Piet) Streicher as diensleraar na Sonnekus.

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Op die kerkraadsvergadering van 21 Oktober 2023 is daar besluit om dr Piet Emilius Streicher aan te stel as tentmaker by Sonnekus Gemeente. Sy intreepreek vind plaas op Sondag 21 April 2024. (Carika Brand, sekretaresse, 27.03.2024).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Die sentrale kerkraad van die NG Gemeente Kathu het op ’n beroepingsvergadering van 19 Maart 2024, vir prop Stephanie Vermaak as medeleraar van die gemeente beroep. (Ds JF van Heerden, Ringskriba: NG Gemeente Kuruman, 04.04.2024).

AANVAAR

Proponent Marisa Pienaar het die beroep na Vanwyksvlei aangeneem. Sy word DV op 14 April 2024 om 09:30 in die gemeente ontvang en bevestig. By die geleentheid sal sy ook haar intreepreek lewer. Alle ringleraars en belangstellendes hartlik welkom. (Ds Marius Maree, konsulent, 27.03.2024).

KWAZULU-NATAL

EMERITAAT

Dr Lourens Gerhardus Schoeman, wat sedert November 1988 tot April 2024 sendeling vir Msinga in KZN was en verbonde aan NG Gemeente Ladysmith, emeriteer op 30 April. Die Ring van Ladysmith oorhandig sy Akte van Emeritaat op Sondag 28 April waartydens dr Schoeman ook die erediens in Ladysmith-gemeente sal waarneem. (Ds Gerhard de Lange, Skriba: Ring van Ladysmith, 02.04.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Die NG Gemeente Warmbad-Wes het op Sondag 17 Maart 2024 vir prop Wynand Eloff van Pretoria-Oos beroep. (Lientjie Botha, Saakgelastigde, 22.03.2024).

Ds Natalie-Ann van Blerk is beroep na NG Gemeente Waverley. (Dalene Myburgh, Saakgelastigde/Skriba: NG Waverley, 28.03.2024).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top