Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar – Vastetermynkontrak (twee jaar) met die opsie om te verleng (onderhandelbaar)
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 19 April 2024.
Gemeenteprofiel:
Ons visie: Soos ons Here Jesus Christus wil ons ook dien.
Die gemeente van Amsterdam is geleë in die suid-ooste van Mpumalanga, 70 km vanaf Ermelo en 48 km vanaf Piet Retief, naby die Nerston-grenspos na eSwatini.
- Hierdie buurdorpe beskik oor die beste laer- en hoërskole asook koopsentra, mediese en hospitaalgeriewe.
- Ons is ’n plattelandse, omgeegemeente, met al die uitdagings wat klein gemeentes bied.
- Die gemeente is nou 114 jaar oud en is trots op baie netjiese fasiliteite waarvan ons kerkgebou dateer vanaf 1929 en deur Gerhard Moerdyk ontwerp is.
- Amsterdam val onder die Ring van Wakkerstroom en bestaan uit 100 belydende en 35 dooplidmate.
Bedieningsareas wat vir ons as gemeente fokuspunte is:
- Suiwer gereformeerde teologie wat entoesiasties en verstaanbaar oorgedra word op ’n wyse wat die daaglikse uitdagings van die gemeente aanspreek.
- Die gebruik van tegnologie en multimedia om prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun.
- Musiek en lofprysing binne die erediens speel ’n groot rol in ons gemeente-opset.
- Bediening van bejaardes.
- Jeugbediening met die oog op die voortbestaan en toekoms van die gemeente, asook laerskoolbediening.
Leraarsprofiel:
In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, moet die leraar:
- ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
- ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig hê en dit beskou as ʼn roeping om in sy diens te staan.
- Ons is op soek na ’n leraar wat wil deel word van die gemeenskap, ’n passie het vir die platteland en begrip het vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
- Oor bedieningsvaardighede beskik om alle ouderdomsgroepe te kan inspireer.
- Ons plaas ’n hoë premie op ’n leraar vir wie gesonde verhoudinge, spanwerk, kreatiwiteit en energie in die “so maak mens” van Christenskap baie belangrik is.
’n Emeritusleraar wat aptyt het om hom/haarself vir nog ’n paar jaar energiek in diens van die Here, op die platteland, beskikbaar te stel, is welkom om aansoek te doen.
Vergoeding en voordele:
’n Vergoedingspakket met ’n totale koste van indiensneming van R400 000 per jaar, waarvan ’n netjiese ruim pastorie met alternatiewe kragbron, water, internettoegang, sekuriteit en tuindienste deel uitmaak, is onderhandelbaar met die suksesvolle kandidaat.
Beroepingsprosedure:
’n Gestruktureerde keuringsproses sal gevolg word. Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud gedurende die week en ’n preekbeurt op ’n Sondag. Reiskoste is onderhandelbaar.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die ontvangde aansoeke te maak nie.
Aansoeke:
- Stuur volledige CV (Nie langer as vier bladsye nie) met ten minste twee toepaslike referente elektronies sowel as ’n kort video waarin jy jouself bekendstel en met ons deel waarom jy vir die pos aansoek doen na:
- Leierouderling: Jaap Naudé. Tel: 082 789 4510. E-pos: admin02@bonnieb.co.za
- Die skriba: Ursla Werner Tel: 017 846 9302 (Werksure Ma-Do 08:00-12:00)
E-pos: ngkamsterdam@gmail.com
Enige navrae kan ook aan bogenoemde gerig word.
- Deur die indiening van die CV, gee die kandidaat toestemming dat die inligting soos in die CV vervat, onderworpe is aan die terme en voorwaardes van die Popi-wetgewing. Alle inligting sal vertroulik hanteer word en slegs deur die NG Kerk Amsterdam vir die beroepingsproses gebruik word.
Die kerkraad en gemeente van Amsterdam wag in diepe afhanklikheid van die Here vir u aansoek om hierdie pos.
- Gegewens op hierdie vakature is opgedateer na publikasie.