Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG leraars beweeg (Amptelike nuus – 15 April 2024)


BEROEP

Prop (dr) N (Nienke) Kemm na Augrabies; ds GJ (Gerrit) Strydom van Reitz na Nylstroom-Oos.

AANVAAR

Prop W (Wynand) Eloff na Warmbad-Wes; ds PRB (Phil) Gräbe van Quellerina na Drakenstein; prop WH (Henri) Pretorius as diensleraar na Weltevreden; prop JM (Mattheus) Vorster na Trompsburg.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Philippus Rudolf Botha Gräbe van Quellerina-gemeente in Johannesburg het die beroep na Drakenstein (Paarl) aangeneem. Hy word DV op 5 Mei 2024 om 09:00 deur ds Bernard Malherbe in die gemeente bevestig. By die geleentheid sal hy ook sy intreepreek lewer. (Lucy-Ann Fourie, skriba: Drakenstein, 11.04.2024).

NOORD-KAAPLAND

BEROEP

Dr Nienke Kemm is verlede jaar in ’n tydelike leraarspos aangestel by die NG Kerk Augrabies. Die kerkraad het besluit om haar in Mei vir ’n vaste aanstelling te beroep. (Ursula Hayes, admin, 10.04.2024).

VRYSTAAT

AANVAAR

Prop Johannes Mattheus Vorster het die beroep aanvaar na die NG Gemeente Trompsburg. (M Fourie, skriba, 05.04.2024).

AFSKEIDSPREEK

Dr Gerdrie van der Merwe, termynleraar en gemeenteseun van Trompsburg, lewer DV op Sondag 28 April 2024 sy afskeidspreek. Hy vestig hom op sy plaas Donkerpoort in die distrik en by Merwesrus, sy boekehuis op Reebok. (M Fourie, skriba, 08.04.2024).

BEVESTIGING

Die bevestiging met handoplegging van proponent Johannes Mattheus Vorster, vind DV op Vrydag 3 Mei 2024 om 18:00 plaas in die NG Gemeente Trompsburg. Alle rings- en ander leraars word hartlik uitgenooi. Die rede word gelewer deur dr Gerdrie van der Merwe en Sondag 5 Mei 2024 lewer ds Mattheus Vorster sy intreepreek op Trompsburg. (M Fourie, skriba, 08.04.2024).

NOORDELIKE

BEROEP

Op die buitengewone kerkraadsvergadering van 7 April 2024, is ds Gerrit Strydom van NG Reitz Moedergemeente, beroep as medeleraar na NG Nylstroom-Oos. (Deirdré Stoffberg, kantoorbestuurder, 08.04.2024).

AANVAAR

Proponent Wynand Eloff het die beroep na NG Gemeente Warmbad-Wes aanvaar. (Lientjie Botha, saakgelastigde, 10.04.2024).

HOËVELD

BEVESTIGING

Diensleraar Willem Hendrik (Henri) Pretorius het die beroep aanvaar by NG Weltevreden in die Ring van Linden. Sy bevestiging as diensleraar vind plaas op 21 April 2024 om 17:30 in die gemeente. (Saret Britz, gemeentebestuurder, 09.04.2024).


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand

Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.